Kry jou opvoedkundige boekies
Aktiwiteite is prettig, opvoedkundig en gebaseer op die nasionale kurrikulum.
Sharnay Botha – My Zone en Namibia Media Holdings (NMH) gaan weer vanjaar opvoedkundige boekies vir preprimêre leerlinge, asook van grade 1, 2 en 3 druk en versprei.
Elke boekie sal twee weke se oefenblaaie bevat wat aktiwiteite vir taalontwikkeling, wiskunde en ander akademiese vaardighede insluit.
Aktiwiteite is prettig, opvoedkundig en gebaseer op die nasionale kurrikulum. Weekliks sal die boekies 14 oefenblaaie bevat, dus sal een boekie 28 oefenblaaie hê.
’n Totaal van 36 weke sal vir elke graad vanjaar aangewend word met ’n totaal van 18 boekies per graad.
Dit sal in nege tale vertaal word, naamlik Engels, Afrikaans, Duits, Rukwangali, Khoekhoegowab, Oshindonga, Otjiherero, Oshikwanyama en Silozi.
NMH tree op in samewerking met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur wat onderwysers en senior onderwysbeamptes (SEO’s) verskaf wat help met die samestelling en hersiening van elke boekie. Die Nasionale Instituut vir Onderwysontwikkeling (NIED) verseker dat elke boekie volgens die nasionale kurrikulumstandaarde is.
Agt onderwysers en twee SEO’s help met die samestelling en 13 onderwysers met die vertaling van die boekies.
’n Gemiddeld van 110 000 boekies per graad – 440 000 per week in totaal – sal weekliks landswyd na alle skole versprei word. Die boekies sal by die daaglikse koerantstraatverkope beskikbaar wees en by alle skole in Namibië afgelewer word.
Die weeklikse skedule is:
Maandae: Graad 3
Dinsdae: Graad 2
Woensdae: Graad 1
Donderdae: Preprimêr
My Zone bied ook daaglikse lesse van hul eie ‘aanlynskool’ vir elke graad op die Facebook-blaaie, Zoshy en Active Kids, aan. Boekies en aanlynlesse sal weekliks op www.zoshy.online geplaas word en ouers en onderwysers kan ook by Zoshy op Telegram aansluit.
Die eerste week se boekies sal slegs in Engels en Afrikaans beskikbaar wees, maar vanaf volgende week in al die ander tale.
Indien jy ’n onderwyser by ’n preprimêre skool of vroeë kinderontwikkelingsentrum is en weekliks boekies afgelewer wil hê, skakel of WhatsApp 081 740 3759 vir meer inligting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie