Kry jou punt aanlyn en wen dalk N$50 000
Graad 12-kandidate kan vanjaar vir die eerste keer gebruik maak van My Zone se unieke aanlyn sakrekenaar om uit te vind wat die toelatingspunt vir elk van hul vakke is sou hulle aan universiteite en kolleges in Namibië en Suid-Afrika gaan studeer.
Een gelukkige skoolverlater wat van hierdie sakrekenaar gebruik maak om sy/haar toelatingspunte te bereken, staan boonop die kans om N$50 000 te wen vir sy/haar studies in 2018. Die prysgeld word deur Shoprite Checkers geborg.
Uitslae
Die uitslae vir die Namibiese senior sekondêre sertifikaat op hoërvlak (NSSCH) verskyn môre. Dit bevat die volledige uitslae, insluitend leerlinge se toelatingspunte.
Om vir die gelukstrekking te kwalifiseer, gebruik die QR-kode of webskakel in dié spesiale koerant om aan te meld en jou toelatingspunte, tesame met 'n drukbare toelatingsertifikaat, te kry.
Die uitslae sal môre net ná middernag beskikbaar wees.
Studente wat die eksamen van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) skryf, sal ook van die sakrekenaar gebruik kan maak.
Die wenner word in Februarie 2018 getrek.
Gebruik die volgende skakel: hashtag.my.na/AdmissionPointCalculator

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie