Kry julle huis in orde
Kry julle huis in orde

Kry julle huis in orde

Estelle de Bruyn
Swapo is die regerende party van Namibië en te oordeel aan die stand van die opposisie sal dit waarskynlik ná die volgende verkiesing dieselfde wees.

Maar as Swapo onderling so baklei en met (a la Donald Trump) vals nuus en die verspreiding van gerugte die party van binne verskeur, hou dit niks goed vir Namibië in nie.

Swapo het 'n verantwoordelikheid om op te leef aan die demokratiese standaarde wat dit voorhou, veral nou in die aanloop tot hul kongres.

Intimiderende optrede deur faksies, soos die besetting van die Swapo-hoofkantoor en dreigemente teen die sekretaris-generaal van die party, mnr. Nangolo Mbumba, is nie produktief nie.

Voor die kongres moet alle kandidate, soos in 'n nasionale verkiesing, aan reëls gebonde wees. Die reëls van die party is dalk nie so streng nie, maar dit behoort te wees.

Binnegevegte veroorsaak nasionale onenigheid en dit lei noodwendig tot onsekerheid, wat 'n impak op ons ekonomiese stabiliteit en ons internasionale beeld het.

Die boodskap aan Swapo is: kry jul huis in orde, want Namibië se stabiliteit word daardeur bepaal.

Hoe "bloediger" julle gevegte, hoe slegter is dit vir die land, die mense wat hier woon, die toeriste wat ons graag wil hê hierheen moet kom en die ekonomie.

'n "Gentlemens' agreement" dat almal met handskoene sal veg, waarborg nie dat dit sal gebeur nie.

Maak reëls. Pas dit toe en los die skeidsregter uit die geveg uit.



So sê ander

27 Oktober 2017



Premier William Marlin verwacht onterecht een blanco cheque



In eerste instantie leidde de orkaan Irma tot saamhorigheid tussen dit autonome land binnen het koninkrijk en het verre moederland.

Nederlandse militairen brachten ter plekke enige orde in de chaos, en de nationale hulpactie voor de slachtoffers van de ramp bracht 13,3 miljoen euro op. Weliswaar een fractie van het benodigde bedrag, maar toch een tastbaar blijk van betrokkenheid.

Ruim anderhalve maand later vormt Irma een bron van onmin tussen Nederland en Sint Maarten. De autonome status van Sint Maarten impliceert niet het recht om vrijelijk over honderden miljoenen euro's van het moederland te beschikken. Niet alleen is de regering van Marlin na de ramp van 6 september in gebreke gebleken, ze werd voor die tijd al geassocieerd met corruptie en wanbestuur.

Sint Maarten wordt niet gegijzeld door Nederland, zoals Marlin heeft betoogd, maar door zijn eigen premier.

• DE VOLKSKRANT

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!