Kry krediet vir jou sonkrag
Owerhede en kragverspreiders het tot Mei om nuwe reëls toe te pas.
Augetto Graig - Huisgesinne en besighede met hernubare elektrisiteit kan nou krediet kry vir krag wat hulle aan die nasionale kragnetwerk verskaf.
Vanaf Mei vanjaar kan privaatverskaffers hul hernubare krag aan plaaslike owerhede verkoop. Besighede en huisgesinne gaan omtrent resies jaag om voordeel hieruit te trek.
“Die ding is groot!” sê 'n opgewonde sonkrag-installeerder, mnr. Paulus Mulunga. “Dit is 'n waterskeiding.”
Sy maatskappy, Light Systems Namibia (LSN), het reeds die week instansies en besighede begin benader om hulle van die nuwe maatreëls bewus te maak.
Mulunga sê netto metings is veral vir huisgesinne goeie nuus, omdat hulle nou in 'n beter posisie is om by hernubare kragverskaffing te baat.
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het al in November 2016 die nuwe maatreëls in hierdie verband in die Staatskoerant gepubliseer, en Windhoek se munisipaliteit maak gereed om die maatreëls voor 15 Mei in werking te stel.
Teen die sperdatum moet alle dorpe in Namibië die nuwe rekeningstelsel gereed hê sodat inwoners krediet kan kry vir elektrisiteit wat hulle terug aan die nasionale netwerk besorg.
Tot dusver het huishoudings en privaatinstansies wat in hernubare kragopwekking belê het, nie volle waarde vir hul geld verdien nie, omdat krag wat hulle nie self gebruik het nie, sonder vergoeding terug in die stelsel vloei.
Mulunga sê groter besighede wat van sonkrag gebruik maak, gebruik meestal die krag self wat hulle daagliks opwek en hulle voer dus maar min krag terug na die nasionale stelsel toe. Netto metings verskaf aan huishoudings waarvan gesinne bedags meestal nie tuis is nie, 'n gunstige geleentheid om heelwat meer uit hul hernubare kragbronne te put.
KREDIET BINNE 'n JAAR GEBRUIK
Met die nuwe reëling sal Windhoek N$1,13 per kilowatt-uur wat terugvloei na die nasionale stelsel, aan inwoners toeskryf.
Die krediet wat verskaffers ontvang, moet binne die finansiële jaar waarin dit toegeken is, gebruik word.
Windhoek se finansiële jaar strek vanaf 30 Junie tot 1 Julie.
Mulunga verduidelik die munisipaliteit vra byvoorbeeld N$1,79 vir krag per kilowatt-uur, en sal krediet vir hernubare krag as onvermybare koste beskou.
Hy sê plaaslike owerhede en kragverspreiders vergewis hulle tans van die nuwe maatreëls.
Samewerking is van kardinale belang omdat tweerigting kragmeters wat nodig is vir netto meting, deur diensverskaffers soos LSN installeer moet word.
Diensverskaffers sal namens huishoudings aansoek doen vir netto meting, meters by die munisipaliteit kry en dit installeer.
Op ECB se webwerf, www.ecb.org.na, word 'n aansoekvorm vir netto meting verskaf.
Volgens die stad se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, vorder die interne voorbereiding vir die nuwe stelsel goed. Amutenya is optimisties dat die hoofstad lank voor die sperdatum gereed sal wees om die nuwe diens te verskaf. Sy beoog om 'n persverklaring oor die nuwe ontwikkeling voor die einde van die maand uit te reik.
Die nuwe reëls is juis ingestel om huishoudelike hernubare kragbronne aan te moedig om meer krag aan die nasionale stelsel te verskaf.
KRAGINVOER NIE VOLHOUBAAR
Mnr. Obeth Kandjoze, minister van myne en energie, sê die land voer sowat 60% van sy kragvoorraad van die buiteland af in. By 'n beleggingskonferensie in November 2016 het Kandjoze genoem dat die voortdurende afhanklikheid van kraginvoer nie vir Namibië volhoubaar is nie.
Tans het Namibië die kapasiteit om sowat 480MW krag op te wek, en die vermoë om 600MW in te voer.
As voorbeeld van die tekort aan plaaslike vermoë het Kandjoze in Julie 2016 genoem dat die maksimum aanvraag tot 640MW gestyg het. Plaaslike opwekking van elektrisiteit sal nie net besparings op invoerkostes lewer nie, maar ook die druk verlig om Namibië se 11 000km transmissienetwerk en die 22 000km verspreidingsnetwerk te verbreed.
Nampower se hernubare energie invoertariewe program (Refit) vorder fluks om onafhanklike sonkragstasies landswyd en een windkragstasie in Lüderitz op te rig. In Julie 2016 het hulle reeds met Greenam Elektrisiteit, 'n ondersteunende maatskappy van Israel, ooreengekom om twee 10MW sonkragstasies op Keetmanshoop en Mariental op te rig.
Kandjoze sê Namibië is een van die lande met die hoogste sonbestralingsvlakke ter wêreld, en daarom stel ons veral in sonkragopwekking belang, maar die nut van wind, natuurlike gas, geotermie, golwe en getye moenie oorgesien word nie.
Die minister is van plan om die enkelkoper-markmodel in die kragverskaffingsbedryf van Namibië aan te pas om onafhanklike kragverskaffers in staat te stel om direk aan streeksverspreiders en plaaslike owerhede te verkoop.
Hy hoop om die nasionale kragbeleid teen Maart te hersien. Hy beplan ook 'n nuwe hernubare energie-beleid, 'n beleid vir onafhanklike kragverskaffers en 'n nuwe nasionale geïntegreerde hulpbron-plan. 'n Nuwe wet vir die energiereguleringsowerheid is op pad en 'n nuwe elektrisiteitswet word in Maart verwag. Kandjoze het ook gesê 'n nuwe wet oor gas kan teen die einde van die jaar van krag wees.
KRAG WORD AL DUURDER
Terwyl die land plaaslike kragopwekking probeer aanmoedig, is die vooruitsigte van die deursneë verbruiker duister.
Die ECB het vir dié jaar maar 'n 16,7% verhoging aan Nampower toegestaan, om kostes vir kragverskaffing te dek.
Dit ten spyte van die nasionale kragverskaffer se aanvraag van 31,24%. Voorspellings dui daarop dat soortgelyke aanpassings vir die volgende drie jaar verwag kan word, of selfs erger.
Daar is geen twyfel dat elektrisiteitskostes in Namibië nog heelwat duurder gaan word nie.
Die nuwe maatreëls beoog ook om beleggingskostes vir hernubare kragopwekking te verminder, konvensionele kragopwekking te verminder, en om kliënte wat self krag opwek, aan te moedig om dit met die res van die land te deel.
Dit maak voorsiening vir die promosie van volhoubare hernubare energie deur beleggings op klein skaal, waardetoevoeging en die ontwikkeling van die elektrisiteitsmark in Namibië.
Alle gelisensieerde verspreiders moet netto meting aanbied wat onderworpe is aan reëls, regulasies, wette en gehalte-standaarde. Hulle moet ook 'n register van alle netto meting-kliënte hou.
BEPERKINGS
Netto meting het ook sy beperkings, soos die feit dat 'n maksimum van slegs 500kVA op 'n perseel opgerig mag word. Dit mag ook nie meer wees as die laer omvang van die hoofstroombreker van die area nie.
Gelisensieerde kragverspreiders, soos streekskragverskaffers of plaaslike owerhede, moet ook verseker nuwe installasies is versoenbaar met die huidige infrastruktuur en sal nie die stabiliteit van kragverskaffing verminder nie.
Een voordeel vir netto meting-kliënte is dat hulle nie vir 'n verskafferslisensie aansoek hoef te doen nie. Hulle word outomaties onder seksie 3(4)(a) van die Wet op Elektrisiteit 4 van 2007 geklassifiseer as klein hernubare invoerkliënte omdat hulle minder as 60 ampère verskaf. Volgens die reëls moet hulle wel 'n afsny-skakelaar sigbaar, sluitbaar en toeganklik vir kragverspreiders installeer.
Van kragverspreiders word verwag dat hulle spanningsbeheer en veiligheidsmaatreëls moet hersien.
Hulle moet ook met Nampower saamwerk om gereeld netwerkstabiliteitstudies te doen. Netto meting-kliënte mag ook nie geteiken word deur diskriminerende pryse nie. Kliënte moet inter-konneksiekostes en lae konneksiekostes betaal, maar kan vergoeding kry vir die installasie van stelsels wat met 99% sekerheid gedurende spitstye aan die nasionale netwerk krag kan verskaf.
Vir die eerste twee jaar na die inwerkingtreding van die nuwe reëls sal derdeparty-eienaarskap en samevoeging van netto meting-installasies nie toegelaat word nie, en daarna sal dit slegs met toestemming van die elektrisiteitsbeheerraad moontlik wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie