Krytvloer val in toe almal Harry wil soen
Krytvloer val in toe almal Harry wil soen

Krytvloer val in toe almal Harry wil soen

Die voormalige wêreldkampioen sê die regering moet vir hom ’n boksgimnasium oprig.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die onvergelyklike gewildheid van Harry Simon is op skouspelagtige wyse uitgebeeld in die oomblikke nadat hy in gister se vroeë oggenduur sy boksgeveg by die Ramatex-saal met ’n uitklophou in die eerste ronde beklink het.

Sekuriteit- en polisiebeamptes het geen kans gestaan om die stormloop te keer van geesdriftiges wat deur die kryttoue gestorm het om die 44-jarige Simon geluk te wens met sy oorwinning teen die arme Kaminja Ramadhani van Tanzanië nie.

Binne oomblikke ná die einde van die geveg was daar soveel mense in die bokskryt dat die een helfte van die krytvloer onder die gewig meegegee het. Ten minste is orde daarna redelik vinnig herstel, sodat Simon as die wenner van die geveg aangewys kon word.

Die hoofgeveg self was van korte duur en hoewel beide boksers in ’n stadium gegly en op die krytvloer beland het, het Simon as die onoorwonne voormalige wêreldkampioen kort daarna ’n linkerhaakhou teen die kop geplant wat Ramadhani van sy sinne beroof het. Die Tanzaniër het moedig terug op sy bene probeer kom, maar duidelik het sy kop nog gesuis en skeidsregter Timo Haikonda het sy arms geswaai om aan te dui dat die geveg verby is.

Simon het gister gesê hy was geskok om die reaksie van die Namibiese skare te sien. “So baie van hulle het in die kryt gestorm dat dit gelyk het of hulle ’n mens wil aanrand. Dit het so vinnig gebeur en ek het gewonder waar die polisie of sekuriteit was. Gelukkig kon ek aan die kryttou vasgryp toe die vloer meegee.

“In al die jare waar ek al in soveel lande geboks het, is dit die eerste keer dat so iets met my gebeur – boonop in ’n geveg wat deur duisende mense op televisie gevolg is.”

Simon beweer dat Ramadhani agterna aangevoer het dat hy ’n herontmoeting wil hê, omdat die Namibiese vegter in die geharwar eers moes teruggeroep word kryt toe sodat hy as die wenner aangekondig kon word.

ONTEVREDE

Simon het gister in gesprek met die koerant ook uitgevaar teen die besluitnemers in Namibië wat hom nie as die land se eerste wêreldkampioenbokser die eer gee wat hom toekom nie.

“Kyk net hoeveel gedoen word vir sportmense wat presteer. Die Namibiese regering het my nog nie een dag gehelp nie. Ek is al vir 24 jaar ’n beroepsbokser en so moet ek maar my eie potjie krap om vir my familie te sorg.

“Ek moet seker eers doodgaan voordat hulle my ’n straatnaam gee, of ’n gimnasium sal oprig wat my naam dra. Dis nonsens. Ek wil die voordele geniet terwyl ek nog lewe.

“Die geskiedenis sal nie verander nie – ek sal altyd die eerste Namibiese bokser wees wat ’n wêreldkampioen geword het (1998). Maar Namibië het my nie gehelp nie – in die begindae was dit Suid-Afrika wat my gehelp het om suksesvol te wees, toe my afrigter Brian Mitchell uit sy pad gegaan het om vir my borge en promotors te reël. Later was dit Britte en Swede wat my onder hulle vlerk geneem het. Namibië het nog niks in my belê nie.

“Ek sê hulle moet vir my ook ’n stuk grond gee en ’n boksgimnasium oprig. Ek is ongeskoold en boks is al wat ek ken. Ek moes al selfs aanbiedinge wegwys om by kriminele aktiwiteite betrokke te raak. Maar ek wil mos na my kinders omsien.

“Daar is soveel kinders in die land wat talent in boks het, maar die politici gee net vir hulself om en MTC gee net vir een boksakademie geld. Dis nie regverdig nie en dit breek die sport ewe veel af as wat hulle dit opbou.

“Daar is kinders wat in die tronk is omdat hulle in dronkenskap en die verkeerde lewe verval het, wat anders kon verloop het as MTC sy geld meer regverdig verdeel het onder al die bokspromotors.

“Die Boksbeheerraad is ook vol mense wat nie weet wat hulle doen nie. Skryf dat ek sê, hulle is korrup. Hulle steel (prysgeld van) N$2 000 by ’n jong mannetjie wat uit ’n arm familie kom.”

Op ’n meer positiewe noot was Simon vol lof vir die finansiële ondersteuning van ’n borg soos Wetu Trading. “Selfs toe die geveg teen (Vikapita) Meroro deur die mat geval het, het hulle by my gestaan.”

Oor sy toekomsplanne as bokser is Simon bra ontwykend.

“Die laaste keer wat ek ’n boksgeveg verloor het, was in 1993 toe ek nog ’n amateur was. Almal vra wanneer tree ek uit as bokser en wil so graag sien dat ek verloor of ’n teleurstellende vertoning lewer.

“As hulle so graag iemand wil kry om my op te foeter, wie gaan betaal om iemand soos Roy Jones Junior van Amerika te kry? Dis hoekom ons maar die goedkoper manne uit Malawi of Tanzanië moet nader hark om besig te bly.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%