KTM maak opslae met Binder vooraan
Die Windhoekse verspreider is ’n betreklike nuweling, maar is reeds besig om ’n pad met dié handelsmerk te stap.
Tielman van Lill
Die 25-jarige Suid-Afrikaner Brad Binder het onlangs as groentjie sy groot deurbraak in MotoGP gemaak toe hy in sy derde resies die Tjeggiese Grand Prix by die Automotodrom-baan in Brno met sy KTM RC16-masjien gewen het.
Dié onvergeetlike sege was ’n eerste vir KTM én vir ’n Suid-Afrikaanse jaer. Dit is die tweede trofee vir KTM in drie-en-’n-half jaar, maar as dit van Binder afhang, beslis nie die laaste silwerware vir hom en KTM nie.
Binder sê: “Om eerlik te wees, ek weet nie wat om te sê nie. Ek het sedert my kinderdae hiervan gedroom en my passie is bewaarheid. Dit is absoluut fantasties om my eerste Grand Prix oorwinning in MotoGP te behaal!
“Ek het nie geweet of ons die knoop sou kon deurhaak nie, maar op die baan het ek gevoel ons kan dit doen. Hoewel ek die KTM RC16 so sag as moontlik behandel het, was dit die beste tien rondtes van my lewe. Ongelooflik en wonderlik. Daar wag nog seges vir KTM.”
Binder en sy Spaanse spanmaat Pol Espargaró het ná twee dae se voorbereiding in Brno in versengende hitte onderskeidelik in die tweede en derde posisies met hul Red Bull KTM Tech 3 RC16-masjiene weggespring om die 21 baanrondtes te pak.
Beide Binder en Espargaró was uit die staanspoor onder die topvyf jaers op die hobbelrige baan waar bande vinnig hul greep kan verloor. Binder, wat meesterlik gery het, het spoedig die tweede posisie ingeneem met Espargaró kort op sy hakke om die derde plek by Johann Zarco af te rokkel. Ongelukkig val die duo in die tiende rondte en is uit die kompetisie.
Binder jaag al beter en steek Fabio Quartararo van Frankryk (Petronas Yamaha SRT), die wenner van die eerste twee Grand Prix-byeenkomste vir 2020, verby om die sneltrein vanuit die eerste plek te beheer en jaag vir nege rondes voor om uiteindelik ’n sege vir hom en Afrika te bewerkstellig.
WüSTE KTM
Op plaaslike front is KTM ewe bedrywig met sy spoggerige nuwe Wüste KTM-winkel in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied waar vriende en klante graag saam om ’n beker koffie kuier.
Nadat die vorige KTM-konsessie ’n paar jaar gelede doodgeloop het, het die Namibiërs Johan Gous en Shane Levey besluit om die gewilde handelsmerk weer terug te bring.
Levey sê: “Ongeveer sewentig persent van die Enduro- en MX-motorfietse in Namibië is KTM’s. Daar was geen agent of diens vir hierdie getroue KTM-entoesiaste in Namibië beskikbaar nie. Ons het besluit om met KTM te onderhandel en ons het die konsessie gekry.
“Ons pryse is ook beter, want ons kry ons onderdele en ander voorraad nie uit Suid-Afrika nie, maar direk van die vervaardiger in Oostenryk.
“Ons bied verskeie by- en toebehore soos bande, handskoene, baadjies en broeke, stewels, valhelms, klere en ander KTM-produkte aan ons klante. Die moderne werkswinkel bied onder toesig van die enigste gekwalifiseerde KTM-tegnikus in Namibië ’n ongeëwenaarde diens aan KTM-eienaars wat wissel van padmotorfietse, Adventure-masjiene asook MX- en Enduro-fietse.
“Kopers kan tans kies tussen ’n wye verskeidenheid motorfietse om by ryers se ouderdomme en smaak te pas. Ons het die KTM 450 SX-F, wat ons top MX-motorfiets is. Die 50, 65 en 85 SX is ook gespesialiseerde MX-produkte en meer bekostigbaar. Die KTM 300 EXC TPi Erzbergrodeo is op die geharde Enduro-ryers gemik wat ’n robuuste yster vir die grofste terrein bied.
“Vir die manne wat daarvan hou om die grondpad en teerpad aan te durf, is daar die Adventure-reeks met ’n verskeidenheid enjingroottes wat in die R- en S-weergawes kom. Daar is die KTM 390, 690, 790 en 1290 Adventure-fietse wat uiters gewild onder toerentoesiaste is. Die R-weergawe is meer gemik op manne wat 70 persent op die grondpad wil bestee en die S word aanbeveel vir dié wat ewe veel teerpad as grondpad ry.
“Almal is welkom om by ons te kom kuier. Kom drink ’n beker koffie en gesels met ons oor jou behoeftes.”
Wüste KTM kan by 083 333 1234 of [email protected] gekontak word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie