Kuba wil skuld met rum delg
Kuba wil rum gebruik om van die geld te betaal wat hy die Tsjeggiese Republiek skuld.
Kuba het dié geld in die Koue Oorlog geleen en hoewel dit eienaardig mag klink om dit met rum terug te betaal, het dié soort transaksies al voorheen plaasgevind.
Kuba het 'n tekort aan kontant, wat amptenare in Havana die idee gegee het om verskeie soorte hulpbronne, insluitend rum, wat van suikerriet gemaak word, as betaling te gebruik.
Volgens die nuusagentskap Agence France-Presse word die waarde van die transaksie op ongeveer US$270 miljoen bereken.
Die ruiltransaksie tussen die twee voormalige kommunistiese vennote – Kuba en Tsjeggo-Slowakye – is van die jongste in 'n reeks ruiltransaksies wat enigiets van pasta tot mediese dokters insluit om skuld te vereffen.
Luidens statistiek wat deur die Tsjeggiese Republiek uitgereik is, het dié land verlede jaar ongeveer US$2 miljoen se rum van Kuba af ingevoer.
Teen dié pas sal dit die Tsjegge egter meer as 'n eeu neem om al die rum te drink, sou Kuba al sy skuld hiermee vereffen.
Die Tsjeggiese Republiek het nog nie bevestig of hy die aanbod gaan aanvaar nie.
Dit sal egter nie ongehoord wees sou hy dit wel doen nie. Ander lande het ook al voorheen op eienaardige ruiltransaksies ooreengekom om skuld te vereffen.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie