• Tuisblad
  • Sake
  • Kuberaanval: Oponthoud in hawens ‘kan uitkring’
Kuberaanval: Oponthoud in hawens u2018kan uitkringu2019
Kuberaanval: Oponthoud in hawens u2018kan uitkringu2019

Kuberaanval: Oponthoud in hawens ‘kan uitkring’

Maersk sê sy vloot is steeds in bedryf, daar kan met die bemanning gekommunikeer word en hulle is veilig.
Nellie Brand-Jonker - Kundiges in die skeepvaartbedryf vrees die oponthoud wat in sekere hawens ontstaan het weens die kuberaanval op onder meer die wêreld se grootste vraghouermaatskappy kan uitkring.
The Wall Street Journal berig bedryfskenners sê hoe ver die probleem gaan kring, hang af van hoe vinnig Maersk sy stelsels kan herstel.
Die skeepvraggroep het Woensdag gesê sy bedrywighede word steeds ontwrig nadat hy reeds Dinsdag aangeval is.
Gisteroggend was sy webtuiste steeds af, maar op Twitter het 'n nuwe boodskap verskyn wat sê hy werk saam nasionale kuberaanval-kundiges om sy dienste so gou as moontlik sonder verdere ontwrigting te herstel.
Dit lyk asof Maersk die grootste slagoffer is onder die maatskappye wat deur die jongste kuberaanval getref is waar kwaadwillige sagteware rekenaars binnedring, dit sluit en ’n losprys dan geëis word om die rekenaars te ontsluit.
Netwerk24 het vroeër Woensdag berig Maersk Suid-Afrika se dienste in hawens word ook geraak.
Sy fone was teen 18:00 Woensdag steeds buite werking.
Die maatskappy koördineer skepe se aankoms, die aflaai van vraghouers en die skedulering van stoorplekke en vragmotors om goedere uit hawens te vervoer. ’n Hoë graad van koördinering en doeltreffendheid word vereis, sê die kundiges. ’n Groot oponthoud in een hawe kan gou elders ’n nasleep hê.
Impak
Maersk het Woensdag gesê sy APM Terminus-filiaal wat sekere hawens bestuur, is deur die virus geraak en daardie eindpunte word geraak.
“IT-stelsels is op verskeie plekke af en in sekere sake-eenhede,” het die maatskappy gesê.
APM-skeepseindpunte in New Jersey en Los Angeles is gesluit.
Die Rotterdam-hawe, een van Europa se grootstes, het Woensdag gesê twee skeepsvrageindpunte wat deur APM bedryf word, het sy bedrywighede gestop.
“Tot dusver is net twee APM-eindpunte geraak. Die hawe gebruik dus driekwart van sy vermoë,” het Martijn Pols, ’n woordvoerder van die hawe, aan The Wall Street Journal gesê.
Indië
Indië se regering het gewaarsku oor ’n moontlike opeenhoping by sy grootste hawe wat die Mumbai-streek bedien en deur Maersk bedryf word.
The Indian Express het berig die bedrywighede van een van die drie eindpunte van die land se grootste vraghouerhawe, JNPT, is verlam.
Weens die vrees dat vraghouers gaan ophoop, is bykomende spasie elders beskikbaar gestel.
Maersk sê sy vloot, wat van die wêreld se grootste skepe insluit, is steeds in bedryf, daar kan met die bemanning gekommunikeer word en hulle is veilig.
Maersk is die wêreld se grootste vragskipmaatskappy en beheer net minder as ’n vyfde van die vragskipmark.
Die maatskappy het aan Financial Times (FT) gesê die ontwrigting kan vertragings veroorsaak en skepe dwing om hul roete te verander.
Maersk was verplig om baie van sy bedryfstelsels af te skakel om die verspreiding van die virus te keer. Hy kon nie sê hoeveel rekenaars geraak is nie.
Nuwe bestellings kon nie verwerk word nie en van die hyskrane by van sy 76 vraghouerhawens in die wêreld moes met die hand bedryf word. – Netwerk24
Kassie:
’n Lys van maatskappye wat getref is, volgens FT:
Maersk: die wêreld se grootste vragskeepgroep
BNP Paribas: ’n bankgroep van Frankryk
Beiersdorf: ’n verbruikersgoederemaatskappy van Duitsland
Rosneft: ’n Russiese energiemaatskappy
WPP: die grootste bemarkingsdienstemaatskappy in die wêreld
Merck: ’n Amerikaanse farmaseutiese maatskappy
Saint-Gobain: ’n konstruksiemaatskappy van Frankryk
DLA Piper: een van die grootste regsfirmas in die wêreld.
Reckitt Benckiser: ’n Britse verbruikersgoederegroep
Evraz: Rusland se tweede grootste staalvervaardiger
Mondelez: ’n Amerikaanse voedselgroep

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!