Kuberboelies in die soeklig

Henriette Lamprecht
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het onlangs ‘n paneelbespreking oor kuberboelies gehou.

Volgens ‘n verklaring deur Nust het die bespreking ‘n unieke platform geskep waar toonaangewende persoonlikhede in die sosiale media en sielkundiges insette kon lewer.

Die paneel het bestaan uit dr. Mohammed Shehu (stigter van Mo Shé Media), dr. Anina du Toit (sielkundige en eienaar van Let's Talk), me. Meunajo Tjiroze (sielkundige en direkteur in die kantoor van die presidentsvrou), me. Bianca von Agvachen (mediapersoonlikheid), mnr. Kalistu R Mukoroli (strateeg en stigter van die Alvaro-mediagroep), me. Ann Singer (musikant) en me. Patricia Muteka (studente-aktivis).

Me. Ann Hambuda het as moderator van die paneelbespreking opgetree, wat Mej. Namibië 2018, Selma Kamanya, se breinkind is.

Volgens Kamanya was die bespreking ‘n platform om gesprekke en debatte te stimuleer oor die gebruik van sosiale media en hoe om dit te bestuur.

Die bespreking is deur studente, leerlinge en ouers bygewoon.

‘n Vroulike student het gesê sy was die slagoffer van kuberboelies en het danksy die bespreking vaardighede aangekweek om dit te kan hanteer.

Nog ‘n deelnemer het gesê dit is maklik om die probleem te identifiseer, maar moeiliker om jouself as die probleem te sien.

“Omdat ek aan die ontvangkant van kuberboelies was, kan ek met ander slagoffers simpatiseer,” het Kamanya gesê.

Volgens haar kan dit jou selfbeeld beïnvloed, selfvertroue verminder en angs veroorsaak.

Met geestesgesondheid as haar nasionale projek en kuberboelies wat dikwels ‘n bydraende faktor tot geestesongesteldheid is, sê Kamanya sy voel dit is haar plig om inligting beskikbaar te maak vir dié wat wil luister.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!