Kuberkrakers maak groot amok in aanval
in 'n reuse kuberaanval het kuberkrakers op groot getalle rekenaars in byna 100 lande toegeslaan.
Tienduisende rekenaars in bykans 100 lande is in 'n ongekende aanval deur rekenaarterroriste lamgelê nadat hulle glo kuberkraak-toerusting gebruik het wat deur Amerika se Nasionale Sekerheidsagentskap (NSA) ontwikkel is.
Dié kuberkrakers het rekenaargebruikers om die bos gelei deur hulle sover te kry om aanhangsels in e-posboodskappe oop te maak wat glo onder meer fakture, werkaanbiedinge en veiligheidswaarskuwings bevat het.
Slagoffers se rekenaars is daarna deur die WannaCry-lospryswurm onbruikbaar gemaak en die kuberkrakers het lospryse van tussen $300 en $600 geëis om die skade ongedaan te maak.
Veiligheidsnavorsers sê hulle het gesien sommige slagoffers het met die digitale eenheid bitcoin betaal, maar hulle weet nie hoeveel toegegee het aan die eise van die afdreigers nie.
Navorsers by Avast, 'n vervaardiger van die veiligheidsagteware, het gesê sowat 57 000 rekenaars in 99 lande is geraak. Rusland, die Oekraïne en Taiwan is die ergste geraak.
Xinhua, die amptelike Chinese nuusagentskap, het gesê sommige universiteite en hoërskole is ook geraak.
Die meeste ontwrigting is veroorsaak in Brittanje waar hospitale en klinieke pasiënte moes wegwys omdat amptenare geen toegang tot rekenaars gehad het nie.
Die internasionale verskepingsagentskap FedEx Corp het in 'n verklaring gesê van sy Windows-rekenaars is geraak.
Die skade in Amerika was gering omdat die aanvanklike kuberkrakery op Europa gerig was. Dit het die Amerikaners tyd gegee om voorsorgmaatreëls te tref.
Die kuberkrakers het hulself nog nie geïdentifiseer nie en niemand het nog na vore gekom om verantwoordelikheid te aanvaar nie.
“Dit is een van die grootste kuberkraak-aanvalle nog waarin lospryse geëis word,” het Rich Barger, 'n direkteur by Splunk, wat navorsing oor kuberkraak-bedreigings doen, gesê.
Kenners is bekommerd omdat soortgelyke aanvalle vroeër toegespits was op klein instellings in dorpe en stede.
Nou het groot nasionale instellings soos die Telefonica in Spanje, een van die grootste telekommunikasie-maatskappye ter wêreld, deurgeloop.
Daar word ook gevrees dat die kuberkrakers se sukses ander afdreigers kan aanspoor om dieselfde te doen.
Die kuberkrakers se aanvalle het die kroon gespan op 'n ontstuimige tydjie in die Europese rekenaarwêreld.
Dit het begin toe kuberkrakers verlede week dokumente van die nuwe Franse president Emmanuel Macron se verkiesingsveldtog die wêreld ingestuur het kort voor die tweede ronde van die presidentsverkiesing.
Kuberkrakers het Woensdag die webwerwe van verskeie Franse mediamaatskappye en die lugvaartreus Airbus ontwrig.
Die jongste aanvalle het ook gebeur slegs vier weke voor die Britse algemene verkiesing waarin kwessies rondom nasionale veiligheid en die nasionale gesondheidstelsel nogal hoog op kiesers se agendas is.– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie