Kudu in pylvak
DIE Kudu-gasprojekvan meer as N$7 miljard is in die pylvak met konstruksie wat reeds volgende jaar 'n aanvang kan neem sodat die eerste gas en elektrisiteit in 2011 begin vloei. Die Kudu-gasveld en die oprigting van die land se eerste gasturbine vir elektrisiteitsopwekking was sedert Dinsdag opnuut in die kalklig met 'n slypskool in Windhoek waar tenders, kontrakte en vereistes onder oe geneemis.
NamPower, een van die hoofrolspelers in die projek, het intussen ook die name bekend gemaak van sewe plaaslike en internasionale maatskappye wat op 'n kortlys geplaas is om die nuwe kragsentrale van 800 MW naby Oranjemund te bou. Altesaam twaalf aansoeke is ontyang vir die ingenieurswerke, verkIyging en oprigting (EPC) van die projek van US$523 miljoen (sowat N$3,6 miljard). Die maatskappye is Alstom Power van SWitserland, die BVS Power Alliance, F1uor SA, General Electric International, Mitsubishi Heavy Industries van Japan, SiemensAG en SNC-Lavalin International saam met General Electric.
Met die amptelike opening van die slypskool in Windhoek het die voorsittervan NamPower se direksie, mnr. Leevi Hungamo, bekend gemaak dat onderhandelinge oor die kommersialisering van die gasbron die ontwikkeling van die projek aangevuur het. Voorheen was net die opwekking van elektrisiteit met behulp van gas die hootkenmerk van die projek.
Om nou ook voorsiening te maak vir gas- en veIWante projekte gaan 'n gas in- en uitvoerpyplyn van 690 km ook gebou word. 'n Kragstasie soortgelyk aan die Kudu CCGT kragsentrale word nou ook op Ankerlig net buite Kaapstad beplan. Mnr. Hungamo het gese die uitvoer van gas en elektrisiteitvanafKudu na Suid-Afrika sal 'n belangrike bydrae lewer tot die verstewiging van die handelsbalans tussen die twee lande.
Geen statistiek is verstrek oor die hoeveelheid gas wat nou jaarliks na Suid-Afrika gepomp sal word en die inkomste wat die land daaruit kan verdien nie. Die beplande ontwikkeling van die Kudu gasveld alleen met sy pypleidings van 170kmvanafdie diepsee na Oranjemund gaan sowat US$408 miljoen (N$2,8 miljard) koso Die beraamde totale koste van die hoofprojek word op US$1 miljard (sowat N$7,3 miljard) gestel.
Mnr. Hungamo het gese Namibie kan nie verdere vertragings met strategiese projekte soos Kudu bekostig nie. Hy het verwys na die ernstige kragtekorte wat deesdae in die hele substreek, maar veral in Namibie en Suid-Afrika voorkom. "Dit is daarom van die uiterste belang dat Namibie as 'n netto invoerder van elektrisiteit met ywer die ontwikkeling van nuwe opwekkingsbronne navolg om kragvoorsiening te verseker," het mnr. Hungamo gese.
Hy het na ander projekte verwys soos die Caprivi-skakelverbinding na Zambie, Zimbabwe en die DRKen die Baynes waterkragsentrale in die Kunene-rivier. NamPower het met sy opleidingsessie die noodsaaklikheid beklemtoon dat Namibiese maatskappye hulle regmaak om deel te wees van die reusagtige projek wat nou van stapel gestuur word.
"Die tyd het nou aangebreek vir Namibiers om as kontrakteurs, subkontrakteurs, raadgewende ingenieurs, finansiele inste1lings en ander diensverskaffers voorbereid te wees om met gevestigde streek- en internasionale maatskappye mee te ding tydens tenders vir die werk wat NamPower sal benodig tydens die konstruksie en indiensstellingvan hierdie multimiljarddollar projekte," het NamPower gewaarsku en gese die land verloor finansieel indien Namibiese maatskappye nie hierdie uitdagings aangryp nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie