Kudus open aanslag teen Rooi Bulle
Klubrugby
Andrew Poolman - Die eerste aanduiding word môre verkry van wat opponente vanjaar van die kusstreek se aanslag op die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga kan verwag.
Rehoboth Rugbyklub lê besoek af by Kudus op Narraville. Die Walvisbaaiers het laas naweek in die openingsronde 'n loslootjie gehad, terwyl Rehoboth met twee punte teen Reho Falcon gewen het.
Rehoboth se reis was vanweë 'n geldtekort in die gedrang, maar te danke aan bestuurslede wat hul hande diep in hul sakke gedruk het en donasies van oudspelers, ondersteuners en plaaslike sakemanne, vertrek die Rooi Bulle vanmiddag na Walvisbaai om sy ligaverpligtinge na te kom.
Rehoboth is nog sonder spelers soos Charl Freygang (knie), Collin de Koe (knie), Carl-William Freygang (skoueroperasie) en Xavier van Wyk (boudspier) wat reeds 'n ruk buite aksie is. Laasweek teen Reho Falcon het die beseringspook ook op Lloyd van Wyk (skouer) en Keathan Freygang (boudspier) toegeslaan.
“Ons glo hul plaasvervangers sal nie teleurstel nie. Ons agterlyn kon nie laas Saterdag aan die gang kom nie en 'n paar posisionele skuiwe is aangebring. Ons verstaan Kudus is vanjaar 'n gedugte span, maar ons sal geensins vir hulle terugstaan nie. As hulle wil wen, sal hulle hard daarvoor moet werk,” sê spanbestuurder Marschell Diergaardt.
Rehoboth se span: 15 Brandon Dentlinger, 14 Paulus Hangula, 13 Chase Diergaardt, 12 Hillian Beukes, 11 Romario van Wyk, 10 Ascher Coetzee, 9 Howard Titus, 8 Milando Titus (kapt), 7 Allister Groenewaldt, 6 Fagan Bussel, 5 Dylan Farmer, 4 Elroy van Wyk, 3 Godwin Goaseb, 2 Udo Mall, 1 Delano Coetzee.
Reserwes: Kevin Cloete, Flavio Windswaai, Grant Cloete, Titus Mathias, Reduane Beukes, Nazume Swartz, Morne Lucas.
• Abraham Farmer, wat gedurende laas seisoen as afrigter van Kudus oorgeneem het, sou by gisteraand se oefening sy beginspan uitgesit het.
Kudus se wedstrydgroep bestaan uit (voorspelers) Anthony Hoebeb, Craig Swartz, Lorenco Calaza, Sydne Halupe, Chris Klassen, Bjorn Block, Ngumee Nguaiko, Lee-Uwardo Sitzer, Cameron Langenhoven, Grandt Nash, Joshua Jacobs, Anthony Jevu, Ernesto Bampton; (agterspelers) Keeane Wellmann, Percy Nash, Ivo Croza, Michael Hummel, Chrysander Botha, Nicasio Schoombe, Floyd Freygang, Carlton Stevens, Lloyd Jacobs, Aurelio Plato.
• FNB Unam, die heersende kampioenspan, reis môre vir sy eerste wegwedstryd teen Reho Falcon, terwyl Trustco United in Khomasdal by FNB Western Suburbs besoek gaan aflê nadat beide laas naweek verloor het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie