Kuier en smul by die Kreeffees
Kuier en smul by die Kreeffees

Kuier en smul by die Kreeffees

Yochanaan Coetzee
Vis en seekos uit die boonste rakke

Vanjaar se fees, wat van 27 April tot 2 Mei plaasvind, beloof om die grootse in sy tienjaarbestaan te wees, met meer uitstallers en vermaak asook genoeg kreef en seekos om die honger skare van heinde en verre te versadig.

Yochanaan Coetzee – Lüderitz se toekoms is so blink soos toe Zacharias Lewala die eerste diamant naby Kolmanskop gevind het

Danksy diamante (hoewel nou op ’n kleiner skaal), visserye en groot belangstelling van plaaslike en internasionale besoekers, is die hawedorp steeds een van Namibië se rykstes.

Lüderitz lok elke jaar duisende besoekers na die beroemde Kreeffees, een van die grootse en beste kuiergeleenthede op die land se jaarlikse kalender is.

Deur die jaar bring die koue Benguelastroom ryk oeste na vissermanne se nette en busse vol toeriste besigheid vir die dorp se ondernemings, maar met feestyd is die gees groter as gewoonlik.

Soos elke jaar gaan besoekers behoorlik smul aan die kos, kuier en kreef, terwyl hulle ook kan uitsien na vertonings deur van die land se bekendste kunstenaars, asook die immergewilde Mej. Lüderitz Kreeffees.

Met hope vol toeriste-aantreklikhede, ’n outydse Duitse voorkoms en die pragtigste eetplekke en kafees wat die varsste seekosdisse bedien teen pryse wat nie jou sak te erg ruk nie, is Lüderitz nie ’n maaklike plek om te verlaat of te vergeet nie, feestyd ofte nie.

Op dié kusdorp ontmoet die destydse wêreld die jongste ontwikkelings, waar nywerhede die gemeenskap toelaat om te droom in ’n harde omgewing met die vriendelikste mense bly. Om ’n ’Buchter te wees, gaan oor meer as kleur, kultuur of klas; dit gaan oor die liefde vir die see, die land en alles en almal daarin.

Kom kuier saam en ervaar dit self.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!