Kuier veilig
Distell verskaf maskers, reinigers en inligtingsplakkate aan informele kroeë om die verspreiding van Covid-19 te beveg.
Augetto Graig - Distell Namibia en die Namibië Sjebeen-vereniging (Nasa) het koppe bymekaargesit om die verspreiding van Covid-19 by sjebeens in informele nedersettings in Windhoek en die Noorde hok te slaan. Dit, om te verseker dat almal veilig kan kuier.
Maskers, handreinigers en opvoedkundige plakkate oor Covid-19 is aan sjebeens soos Okashandja Nommer 1 in Windhoek se bekende Evelinestraat verskaf. ’n Kroegvrou by dié instansie me. Frida Tomas sê, “ek is baie bly daaroor.”
“Die pandemie toets ons gesondheid, lewensbestaan en karakter,” sê Distell Namibia se besturende direkteur, mnr. Leon Fouche. “Distell Namibia is toegewy tot die regering se inisiatief om die verspreiding van Covid-19 te bekamp en om ons kliënte te help om op ’n veilige en verantwoordelike manier handel te dryf,” sê hy.
Volgens Fouche het Distell se verkoopsverteenwoordigers opdrag gekry om die sorgpakkette uit te deel en om opleiding en inligting te verskaf oor die virus en hoe om dit te beveg.
Fouche sê die pakkette sal eers in Windhoek en in die Noorde versprei word, om die meer digbevolkte gebiede van Namibië te bereik.
“Ek is trots op die samewerking tussen nywerheidsvennote soos Nasa en die regering om oor alkoholverkope te onderhandel en dit wys Namibiërs kan saamwerk as daar ’n uitdaging voorkom. Ons hoop om ander te inspireer om ons voorbeeld te volg en die Covid-19-uitdagings te aanvaar. Saam as ’n nasie kan ons wen,” sê hy.
Mnr. Japhet Andrew het amptelik op 8 September die heel eerste Distell-skenking ontvang. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie