Kuier weer saam by Sjordé

Yandi Du Plessis
Gedurende die tagtigerjare het prof. Aldo Behrens en dr. Chrisna Beuke-Muir huiskonserte in Windhoek aangebied met die naam “Sjordé” (“sjor” wat gooi ’n drankie beteken en “dé” wat neem en drink beteken).

Netwerk, ’n groep organisasies en instellings wat hul beywer vir die bevordering van Afrikaans, het in samewerking met die Windhoek Woordfees laat verlede jaar weer begin om hierdie gewilde beweging te laat herleef.

Daar is reeds etlike uiters vermaaklike vertonings aangebied, met insette deur onder meer Beuke-Muir en Jan-Willem Beuke, Henriëtte van Wyk, Olga Maartens en Susan Alexander – almal bekende name in Afrikaanse kringe in Namibië.

Daar bestaan ’n definitiewe behoefte aan kultuurvertonings van goeie gehalte in Namibië en hier is beslis geen tekort aan talent nie.

Die volgende Sjordé met die tema “As musiek begin speel” vind vandag om 18:00 by De Kayak in Olympia in Windhoek plaas.

Sanet Lambrechts gaan die gehoor vermaak met musiek en poësie, begelei deur Rias Oberholzer en Henri Roux. Kaartjies is teen N$100 beskikbaar en verversings is ingesluit. Die gehoor kan hul eie drankies saambring.

Weens die huidige inperkingsmaatreëls is daar slegs 50 kaartjies beskikbaar. Kontak Elizma by [email protected] of 081 122 4110 om plek te bespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!