Kul jou hier, kul jou daar
Die uitslae van die hoërvlakeksamen vir die senior sekondêre sertifikaat (NSSC) is teen vandag lank reeds toedraaipapier vir iemand se vis en tjips.
Vir die 61% wat daarin kon slaag om toelating tot universiteit te kry, duur die euforie dalk langer. Vir die res en die meer as 8% wat glad nie die paal gehaal het nie, gaan die pynlike babelas van 'n onderwysstelsel wat jaar na jaar self 'n F met 'n kringetjie om kry, egter nog langer klop. Hierdie jaar plaas die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Ester Anna Nghipondoka, die blaam vir die swak uitslae op leerlinge wat vakke op hoër vlak kies wat bo hul vuurmaakplek is. Ook het onderwysers net op die eksamens gefokus en misluk om leerlinge met kritieke kennis en vaardighede toe te rus om die lewe vanuit al sy hoeke te kan baasraak.
Verlede jaar het die beleërde, voormalige minister Katrina Hanse-Himarwa haar ministerie van alle blaam onthef toe dinge net so beroerd in klaskamers oraloor in die land gelyk het. Dit was nóg die onderwyser nóg armoede se skuld en was dit toe van afwesige ouers tot lui kinders wat vir swak rapporte gesorg het. Waardes soos dissipline, orde en fokus het volgens haar iewers langs die pad verlore geraak. Namibië beskik oor die beste leerplan, seg Katrina, “maar ons weet nie hoe om die beste met die beste te wees nie”.
As dit ons beste is, behoed ons van tweede beste.
So sê ander 22 Desember 2019 – Netwerk24
In Amerika is die politiek nou erg smerig
Dat pres. Donald Trump slegs die derde Amerikaanse president is wat amptelik in 'n staat van beskuldiging gestel word, is nie die belangrikste element van vandeesweek se historiese gebeure in Washington nie. Nog belangriker is die wyse waarop die Amerikaanse politiek in 'n loopgraafoorlog verval het waar die waarheid minder belangrik geword het as die politieke mag. Die debat in die huis van verteenwoordigers het die onbeweeglikheid duidelik geïllustreer. Die Demokrate het aangevoer dat Trump Oekraïne se arm gedraai het om korrupsiebewyse teen die president se waarskynlike Demokratiese kandidaat, Joe Biden, te soek; die Republikeine het alles kliphard ontken.
Buite Washington is die loopgrawe ook dieper gegrawe. Baie kan uiteraard nog verander, maar in dié stadium lyk dit of die Demokrate nie die vrugte van die aanklag pluk nie. Peilings wys 'n ligte beweging onder die kiesers weg van steun vir die aanklag en groter steun vir Trump, terwyl die Demokrate se voorsprong met die oog op die algemene verkiesing ook effens krimp.
Hiervandaan moet die saak na die senaat verwys word, wat onder voorsitterskap van die hoofregter as jurie moet optree. 'n Meerderheid van twee-derdes is nodig om Trump af te sit, iets wat in die lig van die Republikeinse meerderheid onmoontlik is. Politiek is op sy beste morsig. Maar in Amerika het dit nou regtig smerig geword. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie