'Kultuurambassadeur’ leer Japanners Afrikaans
Ronelle Rademeyer
Nee. Ja. Hallo. Koebaai. Kom ons gaan.
Dit is van die basiese Afrikaanse woorde en frases wat die oud-Namibiër, Anita Sasaki (nèe Buys, 51), Japanners tans in Miyako in Japan leer. Die taallesse is deel van ’n kulturele program in dié stad wat met die Olimpiese Spele saamval.
Anita, wat al 22 jaar in Japan woon, is vroeër ook deur die munisipale owerheid van Miyako genooi om dié gemeenskap in die aanloop tot die Olimpiese Spele oor die Namibiese kultuur in te lig.
Vandeesweek het sy vir hulle elementêre Afrikaans-lesse aangebied.
Die Spele, wat verlede jaar weens Covid-19 uitgestel is, het op 23 Julie in Tokio begin. Altesaam 10 305 individuele atlete uit 206 lande, gebiede en vorstedomme neem aan die Spele deel.
Miyako is in die Iwate-prefektuur in die noordooste van Japan geleë. Dit was in 2019 die Namibiese rugbyspan se gasheerstad en die inwoners is teen dié tyd al bekend met die land en sy mense, danksy die moeite wat die plaaslike owerheid en Anita doen.
Sy het reeds einde verlede jaar begin om skole te besoek en praatjies oor Namibië aan te bied. Sy het ook vir hulle tipiese Namibiese geregte soos boerewors en schnitzel voorberei.
Sy sê dit is vir haar lekker om die Japanners aan die Namibiese kultuur bloot te stel.
Dié oud-Windhoeker het haar hart jare gelede op haar Japannese man, Toru Sasaki, verloor toe hy op ’n Walvisbaaise krapboot as visserman gewerk het.
Toe hy destyds teruggekeer het na sy tuisdorp Miyako, het sy hom gevolg en die twee is kort daarna getroud.
Anita was in 2019 tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan een van die tolke wat besoekers aan Iwate by die stasie in Miyako verwelkom het.
Die Namibiese span het daar tuisgegaan toe hulle voorberei het vir die wedstryd teen Kanada wat in Kamaishi, die buurdorp, gespeel sou word. Dit moes weens die tropiese sikloon, Hagibis, afgelas word.
Anita sê sy is die enigste Namibiër wat permanent in Japan (met sy 126 miljoen inwoners) woon. Sy besit haar eie Engelse skool waar sy vir laerskoolkinders leer Engels praat. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie