Kumba maak reusewins, betaal groot dividend
Kumba maak reusewins, betaal groot dividend

Kumba maak reusewins, betaal groot dividend

Beleggers wat ystererts as ’n bate gekies het, is goed beloon vir dié besluit.

Kumba, ’n filiaal van Anglo American, het ’n tussentydse dividend van R30,79 per aandeel verklaar.

Dit volg nadat hy sy resultate vir die halfjaar tot einde Junie Dinsdagoggend op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer het.

Die maatskappy se wesensverdienste het met ’n enorme 239% tot R10,1 miljard, oftewel R31,51 per aandeel, gestyg.

Dit is teenoor die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede.

Kumba het ook nou R18,8 miljard kontant in die bank.

Themba Mkhwanazi, uitvoerende hoof van Kumba, sê die maatskappy se goeie prestasie is alles te danke aan die uitvoerprys van ystererts wat op gemiddeld $108 per ton sowat 57% hoër was as in die ooreenstemmende tydperk.

Die rand wat ook teen gemiddeld R14,20 teenoor die dollar verhandel het gedurende dié tyd, het die maatskappy ’n verdere hupstoot gegee. Dit was 16% swakker as gedurende die eerste helfte van 2018.

Kumba se inkomste vir die jaar het met 77% tot R34,5 miljard gestyg.

Die goeie finansiële resultate verbloem wat Mkhwanazi as ’n “uitdagende” eerste helfte van die jaar beskryf in terme van bedrywighede.

Die maatskappy se myne het 11% minder ystererts gedurende die halfjaar geproduseer weens onbeplande instandhouding by van sy aanlegte.

Die invloed van dié onderbrekings het Kumba genoop om sy produksievooruitsig vir die jaar met 1% afwaarts tot 42 miljoen ton aan te pas.

Kumba begin Woensdag teen R490,25 op die JSE verhandel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!