Kundiges vrees kuberaanval gaan versprei
Kundiges vrees kuberaanval gaan versprei

Kundiges vrees kuberaanval gaan versprei

'n Ongekende wêreldwye kuberaanvaal is gereed om nog slagoffers te eis wanneer mense ná die naweek na hul werk terugkeer en hul rekenaars aanskakel.

Meer as 200 000 rekenaars in minstens 150 lande is tot dusver besmet, volgens Europol, die wetstoepassingsagentskap van die Europese Unie.

Brittanje se Nasionale Kubersekuriteitsentrum sê dat nuwe gevalle beduidend kan toeneem.

Die aanval behels dat rekenaars oorgeneem word en 'n losprys dan geëis word om die skade ongedaan te maak.

“Ons het gesien dat die soort aanvalle die vernaamste bedreiging begin word, maar die wêreldwye omvang van hierdie een is ongekend,” sê Rob Wainwright, uitvoerende direkteur van Europol.

Dit is meer as wat die naweek deur die navorsers by Avast, 'n vervaardiger van die veiligheidsagteware, bepaal is van sowat 57 000 rekenaars in 99 lande wat geraak is. Rusland, die Oekraïne en Taiwan is die ergste geraak. Xinhua, die amptelike Chinese nuusagentskap, sê sommige universiteite en hoërskole is ook geraak.

Die meeste ontwrigting is in ­Brittanje veroorsaak waar hospitale en ­klinieke pasiënte moes wegwys omdat amptenare geen toegang tot rekenaars gehad het nie.

Die aanvanklike aanval is beperk toe 'n kubersekuriteitsnavorser 'n belangrike meganisme afgeskakel het wat die wurm gebruik om te versprei.

Kundiges glo die kuberkrakers gaan 'n tweede aanval begin omdat baie wat Microsoft op hul persoonlike rekenaars gebruik nie in Maart belangrike sagteware vir veiligheid afgelaai het nie.

Brad Smith, president en hoofregsverteenwoordiger van Microsoft, het Sondag in 'n webjoernaal gesê hy gaan die ongewone stap doen om ­veiligheidsmeganisme selfs vir sy ouer weergawes van Windows te verskaf, insluitende Windows XP en Windows Server 2003.

Tydens die hoogtepunt van die aanval Vrydag is 48 organisasies binne Brittanje se Nasionale Gesondheidsdiens geraak.

Smith sê in die webjoernaal die omvang van die aanval toon Microsoft moet sy eie vermoë versterk maar daar is geen manier van kliënte om hulle teen so aanval te beskerm as hulle nie hul stelsel opgradeer het nie.

Van die slagoffers het sowat US$30 000 se losprys betaal, maar die totaal gaan vandeesweek wesenlik styg, sê Tom ­Robinson, uitvoerende bedryfshoof en mede-stigter van Elliptic Enterprises, 'n konsultantgroep vir banke. -Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!