Kunene-gesinne kry broodnodige hulp
Kunene-gesinne kry broodnodige hulp

Kunene-gesinne kry broodnodige hulp

Tanja Bause
Tanja Bause – Altesaam 400 kospakkies is gedurende die eerste week van September aan kwesbare gesinne in die Kunenestreek uitgedeel.

Dit is deel van Wilderness Safaris Namibia se bewaringshelde-Covid-19-ondersteuningsprogram wat hulp aan gemeenskappe oraloor suidelike-Afrika bied.

Die kospakkies is aan 400 huisgesinne in die Doro Nawas-, Torra-, Anabeb-, Sesfontein- en Marienfluss-bewaringsgebied geskenk. Dit is ook die gebied waar die meeste Wilderness Safaris-lodges voorkom.

“Die verwoestende droogte het reeds van die gemeenskappe se lewensbestaan verwoes. Toerisme is die enigste bron van inkomste vir menigte van dié gesinne en nadat die Covid-19-noodtoestand in Maart afgekondig is, het dié bron opgedroog,” lui ’n Wilderness Safaris-mediaverklaring.

Volgens mnr. Alex Chaplin, Wilderness Safaris se bestuurder van werksaamhede, is veral die Himba-gemeenskap erg geraak.

“Ons het net 3 mm reën laas jaar ontvang en die Himba-gemeenskap het al hul beeste verloor. Hul enigste inkomste was uit die verkoop van hul handewerk aan toeriste, wat nou ook gestop het.”

Die kospakkies kan ’n familie van vier mense vir ’n maand onderhou en is deur die Wilderness Safaris-voorsitterstigting geskenk. Die pakkie bevat onder meer mieliemeel, suiker, rys, olie, sop en seep.

“Ons is dankbaar dat die stigting hulle daartoe verbind het om vir nog twee maande die 400 kospakkies aan hierdie gemeenskappe te gee,” het me. Agnes Tjirare, die kultuur- en gemeenskapskoördineerder van Children in the Wilderness gesê.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!