Kunene styg steeds
Die Kunenerivier vloei sterk en gemeenskappe word steeds gewaarsku om waaksaam te wees. Vrydag het die Kunenerivier by Ruacana teen sowat 1 182,4 kubieke meter per sekonde gevloei. Die Kavangorivier se vlak styg ook steeds en was Vrydag by Rundu 6,92 meter diep en die Zambezirivier, by Katima Mulilo, was 6,67 meter diep. Kunene River Lodge het Vrydag op hul Facebook-blad laat weet die lodge bly gesluit nadat die Kunene-streeksraad beveel het alle inwoners langs die rivier moet die gebied ontruim. Die vloed het Camp Syncro (foto), naby die Marienfluss, gister bereik. "Vandag se plan is om na hoër grond te verskuif en die uitsig oor die magtige Kunene te geniet," het Camp Syncro op hul Facebook-blad geskryf. Foto Facebook/Camp Syncro
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie