Kunene wil meer trofeejagkwotas hê
Die Kunenestreek se Bewaringsvereniging (KRCA) gaan op 30 Januarie sy jaarvergadering hou waartydens hy vir meer trofeejagkwotas gaan vra.
Die KRCA-voorsitter, mnr. Gustav Tjiundukamba, het gesê beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme word by die vergadering verwag.
Een van die kwessies wat bespreek sal word, is dat vir meer diere vir trofeejagkwotas - wat die kommunale bewaringsgebiede finansieel ondersteun - beding sal word.
“Ons wil onderhandel vir meer diere vir trofeejag, veral leeus, luiperds, hiënas, olifante en krokodille,” het Tjiundukamba gesê.
Volgens die voorsitter ondersteun kommunale bewaringsgebiede deur die jare op trofeejag, met jagters wat een leeu of een olifant per jaar jag.
MEER ROOFDIERE
“Die aantal roofdiere en olifante in die Kunenestreek het verhoog en dit het tot meer gevalle van mens-dier-konflik gelei,” het hy gesê.
Kommunale boere in die Torra-bewaringsgebied in die Kunenestreek het einde verlede jaar meer as 200 kleinvee verloor wat deur 'n trop leeus afgemaai is.
“Nog 'n boer se koeie is deur krokodille in die Kunenerivier by Epupa gevang en olifante vernietig voortdurend gewasse in die streek,” het Tjiundukamba bygevoeg.
Die KRCA stel voor dat ten minste drie leeus per jaar vir trofeejag beskikbaar is, en minstens tien olifante in plaas van die ses per jaar.
By die vergadering sal ook onderhandel word vir meer jagkwotas vir ander roofdiere soos luiperds en hiënas om hul bevolking te beheer en mens-dier-konflik te verminder. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie