Kuns se bydrae tot Afrika-erfenis

Yandi Du Plessis
FNB Namibia het onlangs die eerste Afrikadagkonsert op 25 Mei aangebied.

Die uurlange aanlyn konsert, vanaf die dak van FNB Namibia se hoofkantoor in die hoofstad, is regstreeks en gelyktydig op FNB se sosialemediaplatforms en One Africa TV uitgesaai en meer as 6 000 kykers oor die vasteland bereik.

Tien kunstenaars – twee elk van vyf verskillende lande – was deel van die konsert en het met ’n wye verskeidenheid genres gewys hoe veelsydig Afrika-musiek kan wees.

Van die strelende klanke van Eswatini se Sands en Velemseni, tot iets meer tradisioneel van Lesotho se Ntate Stunna en Botala ba Linare, tot Botswana se interdissiplinêre vertoning deur KhoiSan en die Mophato Dance Theatre, tot Ghana se kontemporêre optrede deur Yaw Tog en Cina Soul.

Die skouspel is met ’n dinamiese kwaito- en Afro-pop-uitvoering deur die gasheerland, Namibië, se Top Cheri en PDK afgesluit.

Die konsert het gevolg op ’n week wat bestaan het uit die virtuele bekendstellings van Afrika-kunstenaars van verskillende dissiplines, waar onder poësie, kuns, toneelspel, komedie en die modebedryf om die kunste se bydrae tot Afrika-erfenis te eer.

Terwyl dié mylpaal aanlyn konsert regstreeks uitgesaai is, het FNB Namibia ook ’n kykersfees aangebied waar 50 personeellede en plaaslike sterre, gehoorsaam aan die Covid-19-regulasies, die konsert op ’n grootskerm gekyk het.

“Die afgelope jaar het ons handelsmerk grense oorskry om waarde tot ons kliënte se lewens te voeg in ’n tyd van onsekerheid. Dit word weerspieël in ons pogings om verligting aan individue en sakeondernemings te bied, en die moeite wat ons doen om ons deure as ’n noodsaaklike diens oop te hou,” sê Tracy Eagles, FNB Namibia se hoofbemarkingsbeampte.

“Ons toonaangewende digitale platform het ons klante in staat gestel om hul finansies gemaklik in hul eie huise te bestuur – en op die Afrikadag het ons weer die digitale ruimte benut om ’n konsert soos dié aan ons klante en alle Afrikane te bied.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!