Kuns uit eie bodem by Wildfees
Kuns uit eie bodem by Wildfees

Kuns uit eie bodem by Wildfees

Tanja Bause
Tanja Bause – By die Outjo Wildfees gaan me. Lindie Prinsloo vir die eerste keer met ’n stalletjie spog waar haar skilderye vertoon word.
“Ek teken en skilder so lank as wat ek kan onthou. Ek was selfs in graad 10 Paarl Meisieskool toe gestuur omdat hulle uitstekende kunsklasse aangebied het,” het sy gesê.
Ná skool het sy grafiese ontwerp studeer – iets waarmee sy vandag nog haar geld verdien. Maar skilder is wat haar werklik gelukkig maak.
Prinsloo dien op Visual Artists of Namibia (VA-N) se komitee en het reeds met ander kunstenaars aan ’n gesamentlike uitstalling op Swakopmund deelgeneem.
Maar by die Wildfees is sy op haar eie en sy wil 20 oorspronklike werke daar uitstal.
“Ek is mal daaroor om mense en diere te skilder. Landskappe is nie regtig my ding nie,” sê sy.
Prinsloo skilder van foto’s af wat sy self neem, wat sy van Facebook kry of wat mense vir haar gee sodat sy ’n skildery daarvan kan maak.
“Ek doen baie werk vir mense van hul kinders of troeteldiere. Ek het ook al die skilderye vir die Etosha Heights lodge geverf. Die eienaars het gesê hulle soek drie skilderye van olifante, vier sebras, twee kameelperde en so aan. Dit was my grootste taak nóg en baie lekker,” sê sy.
Gewoonlik verf sy op skilderdoek met akriel, maar soms teken sy ook die hele skildery met ’n gewone BIC-pen waarna sy bo-oor dit verf.
Sy het ook die groot vyf op ’n olifant se afgesnyde oor geteken.
“Skilder is eintlik wat ek wil doen,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!