'Kuns van beweging' neem gehoor op reis
'n Plaaslike dansgroep onder leiding van 'n Franse “bewegingskunstenaar” bied vanaand hul eerste opvoering in meer as 18 maande aan, getiteld Voyage voyage.
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO)-dansgroep se laaste openbare optrede was in Maart 2020 – net voor die uitbreking van die Covid-19-pandemie. Soos vir baie ander mense, het die pandemie vir die OYO-dansers 'n beperking in beweging beteken – beide fisiek en emosioneel.
Met die aankoms van entstowwe en die opheffing van sommige maatreëls, kan mense stadigaan weer begin reis. Maar terwyl sommige die geleentheid aangegryp en die eerste beskikbare vlug geneem het, stel ander uit en is bang om die huis te verlaat, ingeval hulle aan die ander kant van die aarde vassit. So, wat beteken reis deesdae?
Tydens 'n slypskool van tien dae met die Franse danser Krees, sal OYO-dansers hul ervaring en hul idee van reis, van ontheemding en van die inperking deel. Hulle sal 'n nuwe “danswoordeskat” verken en deure oopmaak vir gehore om te besin oor die nuwe betekenis van beweging.“Dis 'n baie opwindende tyd vir OYO,” sê die regisseur en choreograaf Philippe Talavera.
“Vir meer as 18 maande kon ons nie voor 'n gehoor optree nie. Ons is gretig om ons gehoor weer te sien, en iets nuuts en opwindend met hulle te deel – iets waarmee hulle kan vereenselwig. Soos die grense oopgaan, is ons baie opgewonde om Krees in Namibië te verwelkom. Hy is ons eerste gas in twee jaar.”
Christophe (Krees Sama) Jallerat, die seun van 'n Franse pa en 'n Ethiopiese ma, is in 1986 in Djiboeti gebore. Op die ouderdom van 15 en woonagtig in Martinique, het hy hip-hop-dans ontdek en begin leer. Sy styl het mettertyd só ontwikkel dat hy vyf jaar later in “freestyle”-hip-hop begin spesialiseer het.
Ná hy aanvanklik deur improvisasie aangetrek is, het hy aan talle “dansgevegte” (kompetisies) deelgeneem. Hy het by die groepe FORZESOUND (Icee), SECTION C (Francis MBida) aangesluit, waarna hy sy groep DIVISION FOR ONE op die been gebring en by die maatskappy ELAM aangesluit het.
Boonop onderrig en dra hy sy passie oor deur sedert 2010 gereeld lesse aan te bied. Hy is sedert verlede jaar besig om sy eie onderrigmetode te ontwikkel om dansers op alle vlakke te ondersteun.
Die Voyage voyage-dansopvoering word vandag om 19:00 by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aangebied. Toegang is gratis, maar weens Covid-19-regulasies word dit aanbeveel om bywoning by [email protected] of 083 3300174 te bevestig. Die projek is moontlik gemaak danksy STAFE, 'n inisiatief van die Franse ministerie van buitelandse sake en die Franse konsulaat in Suid-Afrika.
FOTO’s
Die Franse danser Krees is hier om nuwe perspektief aan die Ombetja Yehinga Organisation (OYO)-dansgroep te bied. Foto's Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie