Kunsaasspan wys RSA hoe

Hengel
'n Bronsmedalje by die onlangse 2019 FIPSed Wêreldhengelspele in Suid-Afrika is 'n groot bron van trots vir die Namibiese kuns­aashengelspan wat vir die eerste keer op dié vlak meegeding het om roofvisse van 'n boot af te vang.

Sestien internasionale spanne het in dié dissipline by die Loskopdam meegeding.

Die NALAA-span het uit Jaco Visser (kaptein), CP Bothma, Devin Klein, Paul Opperman, Birte Lund, Francois Wahl, Mauro Rosa en Riaan Bester bestaan.

Spanne is voor die kompetisie twee oefendae toegelaat. Ná die eerste kompetisiedag was Namibië algeheel vierde, maar ná die finale dag was die span in die derde posisie ná Tsjeggië (kampioene) en Hongarye.

In die proses het Namibië beter as Roemenië (vierde), die gasheerland Suid-Afrika (vyfde) en elf ander lande gevaar.



WEER MAAK MOEILIK

'n Skerp verandering in die weerstoestande het 'n dringende verandering genoodsaak van die patroon waarop tydens die oefendae besluit was. Die Namibiërs het egter vinnig aangepas by die moeiliker toestande en het met die gebruik van “makriele” 'n sterker eindposisie beklink.

Die span spreek sy dank uit teenoor die ruimhartige borge wat die reis help moontlik maak het, naamlik Gondwana Collection Namibia, Cymot, Seapride Deapcatch, Omashare Lodge, Caprivi Adventures, Fly Fishing Namibia, Salt Company, Dragon Fishing, Aliboats Namibia, Mauzak Lures, African Thatch, Arad Investment, HopSol Africa, NALAA en Ruffnek Boats Namibia.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer