Kunsroete mik reeds wyer en hou00ebr
Kunsroete mik reeds wyer en hou00ebr

Kunsroete mik reeds wyer en hoër

Des Erasmus
Des Erasmus



Aanstaande jaar kom sy weer Omaruru toe, al moet sy met die voet loop, sê Elzabé Zietsman, die Suid-Afrikaanse verhoogkunstenaar, nadat sy haar nuutste eenmanstuk, Dis koue kos, skat, tydens die Kuns­roete opgeskep het.

Kevin Leo, die Suid-Afrikaanse tenoor wat die Italianers die Klein Pavarotti noem, sê hy is versot op die kleiner dorpe en gemeenskappe.

Daarom oorweeg hy 'n langer toer met optredes in Namibië nadat hy tydens die Kunsroete die hoofkunstenaar met die amptelike inwyding van die Hans Nel-pakhuisteater was.

Dit is van die kommentaar wat oorweeg gaan word wanneer die komitee van die Kunsroete binne die volgende dae nabetragting oor vanjaar se saamtrek van 21 tot 23 September gaan hou. Mnr. Spannie Spangenberg, voorsitter van die komitee, sê 'n spits is vanjaar tydens die 11de aanbieding van die Kunsroete bereik.

“Nou het die tyd aangebreek om selfs wyer te dink wanneer oor aanstaande jaar besin word,” sê hy. Volgens hom sal daar in die selfondersoek noodwendig aandag gegee word aan goedjies wat moontlik kon pla.

Van die uitdagings wat vanjaar die hoof gebied moes word, was 'n hittegolf in die vroeë lente met die kwik wat tot selfs bo 40 grade Celsius gestyg het.

Aan die weer kan ons niks doen nie, sê Spangenberg. Hy is ook bewus van menings dat die Kunsroete vroeër in die jaar aangebied moet word.

Daarteenoor moet rekening gehou word met Omaruru se Kunsroete wat elke jaar 'n instelling in September geword het en besoekers wat daarvolgens beplan.

Nog kommentaar was dat die kafdraf, die sogenaamde Hay Ride met feesgangers op hooibale op sleepwaens agter trekkers, verleng moet word om 'n wyer draai as net die paar plase naby Omaruru te ry. Die tentedorp op die terrein van die Reiterverein, Kamp Runnik, was vanjaar 'n begin. Daarop kan voortgebou word om oornagplek vir die feesgangers te skep.

“Ons het vanjaar 'n spits bereik. Daarom gaan vroeg vir 2018 begin word om die Kunsroete selfs wyer uit te bou,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!