Kunste-noodfonds sluit
Kunste-noodfonds sluit

Kunste-noodfonds sluit

Meeste aansoeke in laaste rondte ontvang
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis



Die Namibiese Kunsteraad (NACN) se Covid-19-verligtingsfonds is in Juniemaand vanjaar van stapel gestuur met die doel om diegene in die land se kuns- en kultuurbedryf te ondersteun.

'n Totale bedrag van N$5,5 miljoen is onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur vir hierdie fonds begroot.

Die NACN het verlede week aangekondig dat 85 aansoeke vir die sesde en finale rondte van dié proses goedgekeur is. Dit kom neer op 'n totale bedrag van N$974 999,80 vir die sesde rondte, wat verdeel sal word tussen 45 individue, 25 groepe en 15 organisasies. Die betaling dek projekte wat onder die fokusareas van die fonds val, naamlik kuns, kultuur en erfenis, of kortom, wat as die kulturele en kreatiewe sektor beskou word.

Luidens 'n mediaverklaring uitgereik deur die NACN is die meeste aansoeke nóg tydens die laaste rondte ontvang.

“Die feit dat aansoeke uit alle uithoeke van die land ontvang is, dui op die sukses van die hulpfonds,” lui die verklaring.

Vanweë die aantal aansoeke wat beoordeel moes word, moes die keuringsproses tydens die sesde rondte baie noukeurig uitgevoer word om binne die oorblywende begrote bedrag te bly. Aanvanklik het die aantal aansoeke wat voorlopig goedgekeur is, die begroting oorskry met 'n totale bedrag van meer as N$2 miljoen.

Tussen Julie en September vanjaar is altesaam 1 717 aansoeke ontvang. Hieruit is 236 goedgekeur vir finansiering, wat bestaan het uit 143 individue, 42 organisasies en 51 groepe. Die meeste aansoeke is uit die Khomasstreek ontvang, maar tydens die beoordelingsproses is gestreef om so inklusief van al die streke as moontlik te wees.

Suksesvolle aansoeke (rondte 6):



INDIVIDUE (N$2 000 elk)

1. Amadhila Erastus, Oshana

2. Aina Astofel, Erongo

3. Bianca Kariko, Otjozondjupa

4. Alfreth Isaak, Kavango-Wes

5. Bobeje Benedictus, ||Kharas

6. Anna Johannes, Kavango-Wes

7. Christine Shikongo, Khomas

8. Johannes Katjoni, Kavango-Wes

9. Christiaan Johanna, ||Kharas

10. Charlia M. Kupembona, Kavango-Oos

11. Elizabeth Goliath, ||Kharas

12. Diederick Plaatjies, ||Kharas

13. Elizabeth Smith, //Kharas

14. Fenni Paulus, ||Kharas

15. Elma /Hoxobes, Omaheke

16. Johanna Richter, Hardap

17. Emma Gawanas, Omaheke

18. Klaudia M. Mulweyi, Kavango-Wes

19. Frederika Gaweses, Khomas

20. Martha E. Brandt, ||Kharas

21. Gert Lukas Isaak, ||Kharas

22. Milka Swartbooi, ||Kharas

23. Hulda Vries, ||Kharas

24. Naimi Immanuel, Kavango-Wes

25. Jantze Timo, Khomas

26. Pamela N. Muyoba, Khomas

27. Jacqueline //Hoebes, Khomas

28. Petrina Mathews, Khomas

29. Magdalena //Inichas, Kunene

30. Willem van Wyk, Hardap

31. Marenga Cafas, Khomas

32. Nahor //Inichas, Kunene

33. Maria Fredericks, ||Kharas

34. Maria Kooitjie, ||Kharas

35. Martha Simaho, Kavango-Wes

36. Mida Goliath, ||Kharas

37. Mwale Mwangala, Zambezi

38. Nambinga Tangi Tangeni, Oshana

39. Nekuiyu Elven Mathew, Erongo

40. Ouwa Nomake, Otjozondjupa

41. Owoseb Elioth, Khomas

42. Raimi N. Jonnas, Khomas

43. Renild K. Shivambo, Khomas

44. Shaa Samantha, Khomas

45. Marshant Van Rooi, Khomas

(Totaal: N$90 000)



GROEPE

1. Omundu-Omundu Community Based Rehabilitation, Otjozondjupa, N$21 000

2. Papa Sunny & Friends, Khomas, N$30 000

3. Ronny Tjiroze, Omaheke, N$7 000

4. Artistic Group, Khomas, N$20 000

5. Onailonga Primary School – Art & Crafts Club, Ohangwena, N$17 500

6. Nakapandi Koikuti Ongwalukuwa Cultural Troupe, Otjozondjupa, N$23 990

7. The 8th Octaves, Erongo, N$32 658,85

8. Namibia Classical Ensamble, Khomas, N$32 500

9. Windhoek Women Crafters, Khomas, N$31 500

10. Ariamsvlei Arts Group, ||Kharas, N$19 000

11. Pius Dance Group, Ohangwena, N$20 000

12. MG Art Production, Oshana, N$10 000

13. JL Artworks, Oshana, N$10 000

14. Kampengere Kora Nyara, Otjozondjupa, N$10 000

15. Khâibasens, ||Kharas, N$10 000

16. Kondja Cultural Group, Otjozondjupa, N$10 000

17. Kubbe Rispel Theatre Production, Otjozondjupa, N$20 000

18. Look Forward Group, Otjozondjupa, N$18 000

19. Matukondjo Dolls & Iyaloo Sewing Project, Khomas, N$23 823,40

20. Mel Mwevi and the Band, Khomas, N$25 000

21. Mouton Beads Keepers, Otjozondjupa, N$10 000

22. Ombimbi Investment CC, Otjozondjupa, N$24 250

23. Ora Pronobis, Otjozondjupa, N$20 400

24. Rehoboth Musicians & Artists Club, Hardap, N$22 500

25. Taotatide Damara Living Museum Group, Kunene, N$20 000

(Totaal: N$489 122,25)



ORGANISASIES

1. Nikhitha Winkler Dance Theatre CC, Khomas, N$30 000

2. Something-Artsy, Khomas, N$27 000

3. Dance Factory Swakopmund CC, Erongo, N$25 000

4. Chesta Records CC, Khomas, N$30 000

5. EFDEE Music Productions, Khomas, N$30 000

6. Suide Maak Vrede Nama kultuurgroep, ||Kharas, N$25 107,75

7. Ronald Kharuxas Art Worx CC, Erongo, N$20 000

8. Fun Factory Namibia, Khomas, N$14 000

9. Ngandu Events CC, Kavango Oos, N$30 200

10. Suzy Eises Productions CC, Khomas, N$30 000

11. VM Born Stars Productions, Khomas, N$30 000

12. Welwitschia Music Productions, Erongo, N$30 000

13. Windhoek Comedy Club CC, Khomas, N$29 000

14. Fashion Council of Namibia, Khomas, N$37 000

15. Adele's Creations CC, Erongo, N$8 569,80

(Totaal: N$395 877,55)

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!