Kunstefonds keur nog aansoeke goed
Die Namibiese Kunsteraad se Covid-19-verligtingsfonds het ’n bykomende bedrag goedgekeur.
Yandi du Plessis
Die Namibiese Kunsteraad (NACN) se verligtingsfonds onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het tydens die tweede aansoekronde 47 aansoeke ontvang. Dit sluit in 25 individue, 11 groepe en 11 organisasies. Uit die 47 aansoeke was dié van 6 individue, 6 groepe en 2 organisasies suksesvol.
Tot dusver is 82 geldige aansoeke ontvang, waaruit 24 suksesvol was. Geldige aansoeke word hersien deur ’n komitee wat spesiaal verkies is. Die komitee bestaan uit 7 kenners in die gebiede van kuns, kultuur, erfenis, kunsvlyt, musiek, media en regte.
’n Totale bedrag van N$342 000 is vir die tweede aansoekronde goedgekeur. Saam met die eerste ronde bring dit die totaal tot N$644 300. Die volgende uitslae sal op 28 Augustus, 17 September en 1 en 15 Oktober bekend gemaak word. Aansoeke kan tot 30 September 2020 ingedien word. Verdere inligting is op die NACN se webblad beskikbaar.
Aansoekvorms is landswyd by streekkantore van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur beskikbaar.
Gestremdes, mense uit gemarginaliseerde gemeenskappe en landelike en/of inheemse groepe sal voorkeur geniet. Die NACN moedig mense uit alle oorde van die kuns- en kultuurbedryf aan om aansoek te doen.
Die NACN moedig aanlyn aansoeke aan, wat op die webtuiste of op sosialemediabladsye gedoen kan word. Dié wat beperkte toegang tot aanlyn hulpbronne het, kan aansoeke per hand indien.
Gesondheids- en veiligheidsmaatreëls vir aansoeke
Die land het verlede week terug na fase 3 van die inperking beweeg en die NACN moedig alle aansoekers aan om gehoor te gee aan die maatreëls wat deur die regering in plek gestel is. Alle aansoeke is onderhewig aan die nakoming van die nasionale gesondheids- en veiligheidsmaatreëls.
Projekte wat nie Covid-19-gesondheids- en veiligheidsmaatreëls nakom nie, sal nie oorweeg word nie.
Digitale kanale
Die NACN beveel sterk aanlyn, virtuele of digitale optredes, uitstallings en werkwinkels, of enige ander kuns- en kultuuraktiwiteite op sosiale media of ander aanlyn platforms aan. 'n Paar aktiwiteite mag egter fisieke vergaderings, deelnemers en gehore benodig, waarvoor spesiale reëls van toepassing sal wees met die oog op gesondheids- en higiëniese maatreëls. Die NACN gee voorkeur aan projekvoorstelle wat gebruik maak van digitale- of niefisieke kontak. Daarbenewens word aansoekers aangeraai om hulle te weerhou om skole te besoek om projekte of aktiwiteite uit te voer. - [email protected]
Suksesvolle aansoeke
Individue (N$2 000 elk):
1. Actofel Ilovu
2. Andreas Ngula Nambabi
3. Ernst Dausab
4. Priscella Frank
5. Sean Cloete
6. Venecia Shanjeke
Groepe:
1. Afro-Music, Arts and Culture, N$74 000
2. Frans Art Training School, N$75 000
3. Joseph Madisia, N$30 000
4. Nam Acting, N$13 700
5. Oe Gub Cultural Group, N$8 000
6. Project Room, N$34 300
Organisasies:
1. Blaqhouse Entertainment, N$38 900
2. Grassroots Entertainment, N$57 100

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie