Kunstekollege word 50

Yandi Du Plessis
Die College of the Arts (Cota) vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar.

Cota is 'n instelling vir kunsopvoeding in Windhoek.

Cota is in die vroeë 70's gestig as 'n Staatskonservatorium vir Musiek vir blankes. In die middel 80's is drama en visuele kunste by die konservatorium se programme gevoeg, en in 1990 is dit herdoop tot die College of the Arts.

Die sewe voltydse kursusse wat tans aangebied word, is uitvoerende kunste, visuele kuns en mode-ontwerp, televisieproduksie, radioproduksie, nuwe media-ontwerp, en musiek- en klankproduksie.

Ter viering van hul 50ste bestaansjaar bied die kollege eerskomende Saterdag ’n spesiale konsert aan.

Die opvoering sal bestaan uit ’n studentekonsert wat vanaf 12:00 tot 14:00 sal plaasvind, asook ’n opvoering deur die dosente tussen 16:00 en 18:00, met ’n spesiale gasverskyning deur die bekende Namibiese musikant Jackson Wahengo. Die konsert sal by die Cota-dorpskampus in die binnehof plaasvind.

Kaartjies kos N$50 en N$25 vir Cota-studente en kinders onder 10. ’n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar weens Covid-19-regulasies. Kontak Jenny Claasen by 061 374 105 of Elaine Majiedt by 081 277 4639 om kaartjies te bespreek.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer