Kunstenaar van Swakop trap nuwe spore
Kunstenaar van Swakop trap nuwe spore

Kunstenaar van Swakop trap nuwe spore

Des Erasmus
Des Erasmus - Namibië, in die besonder Duif Keyser van Swakopmund, deel in die eerste monument in 67 jaar wat Saterdag op die terrein van die Voortrekkermonument in Pretoria onthul is. Vir die kulturele jeugbeweging, die Voortrekkers, was dit ‘n hoogtepunt op Erfenisdag.
Die onthulling het ook saamgeval met feestelikhede wat die afgelope weke landwyd as deel van die 85-jarige bestaan van die Voortrekkers gehou is en dié hoogtepunt by die monument bereik het. Die monument beeld die strofe Trap nuwe spore uit en is van ‘n seun en ‘n meisie op hul toekomspad.
Die beelde is die kuns van Duif Keyser, ‘n beeldhouer van Swakopmund. Hy het die ruprodukte op Swakopmund geskep en dit op ‘n ligte vragmotor na Pretoria vervoer waar die finale afronding gedoen is.
Die hoofleier van die Voortrekkers, dr. Danie Langner, het tydens die onthulling gesê die beelde versinnebeeld nie ‘n stilstaande Voortrekker met ‘n fakkel in sy hand nie. “Dis ‘n monument wat getuig van lewe. Dis ‘n monument wat sê: hHier is kinders wat die toekoms tegemoet hardloop, kaalvoet, met hoop. Dis ‘n geskiedkundige oomblik, want die monument is die werk van ‘n Voortrekker van Swakopmund, self ‘n presidentsverkenner, ‘n beeldhouer, ‘n Voortrekker wat hierdie hoop, hierdie etos self leef en self verwoord.
“Wat die monument histories maak, is dat dit die heel eerste Namibiër is wat ‘n monument op hierdie terrein bou en onthul. Nog meer, dit is ook die heel eerste monument wat ná 1949 op hierdie terrein onthul word. Ons monument is ‘n nuwe spoor, ’n nuwe monument op ‘n baie ou erfenisterrein.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!