Kunstenaars pak tasse vir Frankryk

Lloyd Zandberg
Een van die FNCC se doelwitte is om 'n platform vir Namibiese kunstenaars te wees om hul talent ten toon te stel, asook om die verhouding tussen Namibië en Frankryk deur kulturele uitruilprojekte te versterk, hetsy dit artistiek of taalkundig is.

In hierdie verband het die FNCC, in vennootskap met die Franse ambassade in Namibië en Fresh FM, asook met die vrygewige borgskap van Air France wat twee vliegtuigkaartjies geskenk het, die FNCC vlieg jou Frankryk toe-kompetisie aan die begin van Oktober van stapel gestuur.

Namibiese kunstenaars en leerlinge wat Franse klasse by die FNCC neem, het die geleentheid gehad om hierdie kaartjies Frankryk toe te wen.

Om deel te neem, moes belangstellendes ’n aansoek vir 'n kuns- of opvoedkundige projek indien wat in Frankryk uitgevoer moet word.

Die FNCC het 12 inskrywings ontvang en op 25 Oktober moes kandidate hul projekte voorlê.

Die projekte het gewissel van optredes van Namibiese musikante met 'n Franse groep, 'n beeldhouwerkprojek in vennootskap met 'n Franse beeldhouer, om die gastronomie van 'n spesifieke streek te leer ken, vir 'n paar weke soos die Franse te leef, om museums te ontdek en kontak met galerye te maak.

Uit die 12 merkwaardige aansoeke wat ontvang is, is ses finaliste gekies. Hulle is Andreas Iikukutu, Sean Kamati, Ngavee Kambezunda, Mathew Ishitile, aka Brain The Tool, Elize Van Huyssteen en Elia Sangunji.

'n Facebook-kompetisie is op 27 Oktober van stapel gestuur vir die publiek om een van die twee wenners te kies.

Met 'n gesamentlike totaal van ongeveer 1 000 likes het die kompetisie baie belangstelling onder die publiek uitgelok.

Die tweede wenner is tydens 'n onthaal by die Franse ambassadeur se huis op 1 November deur ’n paneel gekies.

Die paneel het bestaan uit Claire Bodonyi, die Franse ambassadeur in Namibië, Jerome Kohl, direkteur van die FNCC, Isabel Katjavivi, die FNCC se kulturele beampte, Dolis Betuma, koördineerder van die taalkundedepartement, asook Whilzahn Gelderbloem van Fresh FM.

Die wenner van die Facebook-kompetisie was Elia Sangunji met 281 likes.

In 'n onverwagse kinkel is aangekondig dat daar nie net twee wenners kan wees nie.

Daarom het die FNCC aangekondig dat ‘n derde kaartjie aangebied sal word. Sean K en Elize Van Huyssteen sal beide na Frankryk vlieg vir hul projekte.

Die wenners en hul projekte:

Sean Kamati

Sean is 'n musikant wat Frankryk toe wil gaan om vaardighede uit te ruil. Hy verduidelik: "Ek het met 'n band in Parys saamgewerk, The Dark Blue Orchestra, wat 'n ander soort klank het, maar musikaal briljant is. Die idee is dat ek hul hoofsanger vervang vir die tyd wat ek daar is. Hulle is ’n gevestigde band en sal verskillende optredes vir my kan reël tydens my besoek.”

Sean wil soveel moontlik by ander musikante van verskillende agtergronde leer.

Eliza van Huyssteen

Eliza is 'n student wat Frans by die FNCC leer.

Sy wil in Julie 2018 Frankryk toe gaan om vier weke in Saverne, Alsace, te gaan bly om haarself in die taal en kultuur te verdiep. Sy wil graag in Frans kan dink.

Tydens hierdie reis gaan sy op uitstappies gaan om die stad Saverne en die omliggende dorpe, soos Straatsburg, te verken en om plaaslike kunsstudio's, galerye en museums, soos die Lalique-museum, te besoek.

Op haar wenslys is ook om die Les rencontres de la photographie in Arles te besoek, wat van Julie tot September 2018 sal plaasvind.

Hierdie internasionale fotografieprogram sal haar toelaat om met fotograwe te skakel wat 'n waardevolle rol in die bevordering van fotografie in Namibië kan speel.

Elia Sangunji

Elia is 'n sagteware-ingenieur wat saam met sy vriendin Marta Frankryk toe wil gaan om Franse liefde, kos en kuns te ontdek.

“Ons ken Franse kos van populêre flieks en media af. Ek wil Franse kos graag verken, maar nie soos ons dit ken nie, ek wil op die ware tradisionele Franse kombuis fokus. Ek sal die lewe van gewone Franse volg en hulle vra wat hulle as ware liefde sien. Ek wil my reis op kamera vasvang en hopelik vriende maak wat later vir my hier in Namibië kan kom kuier.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!