Kunstenaars verander gewoonlik die wêreld
Nou die dag lui my foon.
Gewoonlik antwoord ek oproepe van onbekende nommers net in die week, maar tydens my verlof of selfs naweke verkies ek dit om myself nie met onverwagte versoeke of inligting te belas nie.
Party mense vind dit vreemd, maar ek glo nogal in divine timing. Daai oomblik wat iets op die regte tyd, op die regte plek en met die regte motief gebeur.
Dié betrokke Saterdagoggend sit ek by die huis, ek het my vierde beker koffie deur en ek skryf aan my tweede bundel kortverhale.
Hier lui my selfoon, ‘n onbekende nommer. Ek sien dis ‘n Namibiese nommer. Antwoord nou maar, dink ek. ‘n Mens weet nooit.
‘n Vrou met ‘n relatiewe skril stem wat klink of iemand die heeltyd op haar kleintoontjie trap vra met wie sy praat.
“Met wie wil jy praat?” antwoord ek terwyl ek die melk by koffie nommer vyf ingooi.
“Met mnr. Zandberg,” antwoord Toontjie.
“Praat maar, jy is deur.”
Die vrou se stem klim nog ‘n oktaaf hoër. Ek is nervous.
“Ek het jou nommer by een van ons mammas gekry. Sy sê jy ken die verhoog.”
Ek sê: “Jy sal bietjie meer inligting moet gee. Ek is so deurmekaar soos Scrabble-letters in ‘n ou banksak.”
Toe verduidelik Toontjie sy is ‘n onderwyser verbonde aan ‘n privaatskool hier in Windhoek, en hulle het iemand nodig om met die tienertoneel te kom help. En met help, bedoel sy ‘n teks skryf en die regie daarvan behartig.
“Wat laat jou dink ek is die beste keuse vir hierdie werk in ‘n land met ‘n bevolking van ongeveer 2,5 miljoen inwoners? Ek is seker daar is beter opsies beskikbaar,” vra ek nadat ek my tong met die koffie brand, amper kwaad oor wat aangaan.
Die juffrou vertel verder sy het nie al my vrae verwag nie, maar sal ek oor twee weke die teks kan klaarhê, en oudisies kan kom doen?
“Mag ek tydens die repitisies vloek?” wil ek weet voor ek op die stippeldellyntjie teken.
“Dis nie die growwe tipe vloekwoorde nie. Dis maar wat die kinders pouses onder mekaar gebruik.”
“Nie aspris nie. Sien jou oor twee weke,” sê Toontjie.
Tydens die oudisies daal ‘n soort nostalgie op my neer. Ek sien myself 10 jaar gelede as Romeo op die verhoog in ‘n klein saal op my grootworddorp. Byna ‘n dekade later staan ek onder die verhoog en probeer vir skoolkinders die verskil tussen projeksie en gil verduidelik. Dis ‘n tydsame proses.
So begin ons weekliks oefen en voor ons die stof behoorlik van ons stembande en oë kan afvee, tree ons vir die eerste keer voor ongeveer 60 mense op.
Maande se harde werk, uithouvermoë, bloed, sweet en trane kom tot ’n punt – onder ‘n kollig.
Hoewel ek deesdae nie meer self as akteur optree nie, is ek gereeld op ’n verhoog van een of ander soort te sien. Ek weet wat dit verg. Ek verstaan die angs. Ek voel die druk saam met die kids.
Die aand ná die vertoning kom ek by die huis, maak ‘n bottel wyn oop en kyk deur my notas wat ek tydens die opvoering gemaak het.
Maar ek gooi net ‘n halwe oog, want die gevoel van bevrediging, oorwinning, trots en mag wat ek ervaar het, is manies – beter as enige prys of beker.
Selfs al was ek nie self op die verhoog nie.
Ironies genoeg verander ek die lewens van menige jong, entoesiastiese akteur wat ook ‘n verskil aan iemand se lewe maak.
Soos wat my mentor aan myne gemaak het.
Niemand staan op ‘n verhoog omdat hy moet nie. Om akteur te wees, het iets met ‘n wil te doen. Die wil om iets te sê wanneer mense na jou luister.
Dís die soort mense wat dink hul kan die wêreld verander. En dis gewoonlik dié wat doen.
En divine timing laat dit als gebeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie