Kunsuitstalling ten bate van woestynleeus gehou
Kunsuitstalling ten bate van woestynleeus gehou

Kunsuitstalling ten bate van woestynleeus gehou

Elvira Hattingh
Tesame met die première van die rolprent Vanishing Kings: Lions of the Namib op Saterdag 18 Julie, het kunstenaars besluit om vanjaar se wildlewe kunsuitstalling by die Swakopmundse Fine Art Kunsgalery vir ? tweede jaar ten bate van die Woestynleeu Navorsingsprojek te hou.
Die uitstalling sal op Vrydag 17 Julie om 17:30 open. Altesaam 10% van die geld wat met die uitstalling gemaak word, sal vir die Woestynleeu Navorsingsprojek van dr. Flip Stander gaan.
Die Suid-Afrikaanse kunstenaars Cobus van der Walt en Kim Donaldson het ook ingestem om aan die projek deel te neem. Onder die Namibiese kunstenaars wat sal deelneem, is Anita Roux, Heidi Louw, Rosa Smit en Elton Mungomu.
Paul Dixon, wat bekend is vir sy unieke pastelskilderye van wild in Afrika, sal ook van sy nuutste werke uitstal. Van Dixon se kunswerke is in 1996 by Christie's London vir dié se wildlewe-kunsveiling aanvaar en uitverkoop. Christie's is internasionaal as een van die oudste en mees gesogte kunsafslaers bekend.
In 2000 word Dixon as lid van die New Yorkse Society of Animal Artists verkies en in 2002 ook as lid van die Pastel Society van Amerika – beide gesogte organisasies waar lede deur ? paneel gekies word. In 2003 is hy ? finalis in die International Pastel Artists-tydskrif vir Zambezi Dawn, sy skildery van ? olifantbul, aangewys.
Kim Donaldson het ook reeds kunswerke op ? Christie’s Londen veiling gehad en het vir jare in Amerika en Londen gewoon. Die bekende David Bowie versamel graag Donaldson se kunswerke en Donaldson se boek Africa, An Artist Journey het in 2002 ? Victoria & Alfred Museum Illustrasie-toekenning ontvang.
Kenmerkend aan Cobus van der Walt se kunswerke is die ongeraamde skilderye wat dikwels beweging op landskappe vasvang. Hy besoek Namibië gereeld en het ? sagte plekkie vir die land en sy diverse wildlewe.
Die uitstalling duur tot 15 Augustus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!