Kuridrani breek Skotse harte wu00e9u00e9r
Kuridrani breek Skotse harte wu00e9u00e9r

Kuridrani breek Skotse harte wéér

Rugby
Tielman van Lill
Dawie Boonzaaier



In sy eerste toets op Murrayfield het die jong senter van die Westelike Provinsie Huw Jones Saterdag so byna vir Skotland gehelp om Australië te klop.

Jones het twee drieë in die eerste helfte gedruk, was deurgaans die spil waarom die Skotse aanvalle gedraai het en hy is agterna welverdiend as die Speler van die Wedstryd aangewys in die tuisspan se naelskraapse nederlaag met 22-23 teen die Wallabies. Die Skotte was teen die rustyd nog met 17-10 voor.

Vir die tuisspan was dit so byna ook soete wraak, ná hul dramatiese nederlaag in die Wêreldbeker-kwarteindronde. Die Skotte het dié kragmeting met 34-35 verloor, toe die Suid-Afrikaanse blaser Craig Joubert ''n liederlike blaps begaan het deur ''n aanslaan, wat aan die Skotte ''n sege sou besorg, op onverklaarbare wyse misgekyk het.

Saterdag was dit egter weer ''n geval van so naby, maar tog so ver. Die tuisspan het, met speeltyd reeds verstreke, vir niks minder nie as 18 fases lank vergeefs probeer om deur die Wallabies se verdediging te breek – of ''n geleentheid vir ''n skepdoel te skep – maar die besoekers het verwoed wal gegooi. Tevita Kuridrani, buitesenter van die Wallabies, het met net vyf minute op die horlosie oor (en met Skotland 22-16 voor) die wendrie gedruk toe hy deur ''n duikslag van die heelagter Stuart Hogg gebars het. Die besoekende losskakel, Bernard Foley, ook die berugte held van die Wallabies se oorwinning 13 maande gelede, het Kuridrani se drie verdoel.

“Hierdie was eenvoudig net té naby. Ons het eindelik oor die wenstreep gekom en ek is trots op die ouens. Ons het baie respek vir die Skotte en dis altyd ''n naelskraap-affêre teen hulle,” het Stephen Moore, die Australiese kaptein, oomblikke ná die wedstryd gesê.

Skotland se Jones het die nederlaag as “hartverskeurend” beskryf.

“Dit is seer om só te verloor, maar ons dissipline was net nie goed genoeg nie,” het Jones gesê.

Skotland sal nou nog ''n jaar moet wag om op sy flou rekord teen die Wallabies te verbeter. Dié span kon nog nooit in die geskiedenis hul eerste eindjaarwedstryd teen Australië, Nieu-Seeland of Suid-Afrika wen nie. Vir die Aussies is hul hoop op ''n onoorwonne toer egter nog springlewendig, met ''n sukkelende Franse span wat volgende naweek in Parys wag. Moore-hulle het Wallis verlede naweek verspotmaklik met 32-8 ore aangesit. Skotland kom volgende naweek op sy tuisveld teen die onvoorspelbare Poemas van Argentinië te staan.

Puntemakers: Wallabies 23 (17)- Drieë: Reece ­Hodge, Tevita Kuridrani. Doelskoppe: Bernard Foley (2). Strafdoele: Foley (3). Skotland 22 (17) - Drieë: Huw Jones (2), Jonny Gray. Doelskoppe: Greig Laidlaw (2). Strafdoel: Laidlaw. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!