Kursus vir ontluikende kontrakteurs
Augetto Graig
Die Paaieowerheid (RA) het Donderdag by die GZ-sentrum in Windhoek sertifikate toegeken aan 10 klein besighede en 31 ontluikende boukontrakteurs.
Dit omdat hulle 'n kursus, wat deur KfW van Duitsland gefinansier is, voltooi het.
By die geleentheid het mnr. Conrad Lutombi, hoof uitvoerende beampte van die RA, gesê: “Dit maak ons gelukkig om Namibiërs te sien saamstaan in die belang van nasiebou.
Jul sukses is die gevolg van 'n vasberadenheid om te presteer vir die saak van selfbemagtiging.”
Me. Rauna Hanghuwo, die RA se hoofbeampte van ingenieursdienste, het deelnemers aangemoedig om saam met die owerheid 'n sukses te maak van die bou van veilige paaie in die land.
“Kom ons gryp die geleentheid aan om Namibië se paaie so veilig en doeltreffend as moontlik te maak.”
Mnr. Uwe Stoll van KfW het die oorhandiging van sertifikate behartig.
Me. Emilia Shimana, van Epatululo Trading Enterprises, het ook 'n sertifikaat ontvang.
Sy sê die opleiding wat sy sedert 2006 ontvang het, asook die opleiding vir ontluikende kontrakteurs, het haar baie met haar onderneming gehelp.
“Die SME-kontrakteurskursus en die daaropvolgende tenders en kontrakte is die eerste treë vir voorheen benadeelde Namibiërs om deel te word van die konstruksiebedryf,” sê sy.
Shimana het 'n lys projekte wat Epatululo voltooi het, bestudeer voor sy gevra het dat die RA meer geleenthede vir kontrakteurs moet skep. Die RA het die kursus in oorleg met mnr. Rudiger Polzin ontwikkel. Polzin het dit ook aangebied en gefasiliteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie