Kusbewoners kry ook deurry-inentingspunt
'n Deurry- en-instap-inentingspunt open môre aan die kus op Walvisbaai en verskuif dan op 31 Augustus na Swakopmund.
Dit is op Walvisbaai tot 27 Augustus by die Jan Wilken-stadion oop vanaf Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 18:00. Saterdag en op Heldedag is dit oop van 10:00 tot 14:00.
Vanaf 31 Augustus tot 10 September verskuif dit na die rugbystadion op Swakopmund op dieselfde tye.
Dié inisiatief word gedryf deur die goewerneur van die Erongostreek, Gondwana Collection Namibia en die Gondwana Care Trust, Seawork Cares Foundation en word ondersteun deur verskeie private maatskappye en word onder die vaandel van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangebied.
Alle gesondheids- en Covid-19-protokolle word geïmplementeer en bestuur deur OSH-Med Internasionaal en E.M.A. Rescue Service, terwyl die Westcare Mediese Sentrum verpleegsters beskikbaar stel.
Namibia Health Risk Solutions (NHRS) en Namibia Health Plan (NHP) dra ook by tot logistieke reëlings en verpleegdienste.
“Ons is getref deur die reaksie van die Namibiese publiek oor ons deurry-dienste in Windhoek,” sê Gondwana Collection se besturende direkteur, mnr. Gys Joubert.
“Die reaksie van die kusgemeenskap was ongelooflik in terme van steun om die inisiatief na Walvisbaai en Swakopmund te bring. Kom ons staan saam en help mekaar vir 'n beter toekoms vir ons almal,” het hy gesê.
Sinopharm en AstraZeneca is tans beskikbaar. Die publiek kan vooraf die inentingsvorms by https://gondwana-collection.com/en/about-us/covid-19-hygiene-measures aflaai.
Voorkeur sal gegee word aan frontliniewerkers soos onder meer polisiebeamptes en brandweerpersoneel indien hulle in hul uniforms opdaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie