Kushner besoek Midde-Ooste om vrede te bewerkstellig
Jared Kushner, pres. Donald Trump van Amerika se skoonseun, is Saterdag na die Midde-Ooste om stukrag te gee aan die ekonomiese been van die VSA se langverwagte plan om vrede tussen Israel en die Palestyne te bewerkstellig.
Aljazeera.com berig Kushner (38), wat ook ’n senior raadgewer in die Wit Huis is, sal saam met ander Amerikaanse ampsdraers onder meer Oman, Bahrein, Saoedi-Arabië en Qatar besoek.
Die besoek aan die Midde-Ooste sal sowat ’n week duur en die span gaan steun vir die ekonomiese plan in die streek werf.
Die plan sluit onder meer internasionale finansiering vir die armoedige Gasastrook in. Die verwagting is egter dat die span nié Arabiese diplomate sal inlig oor die politieke implikasies van die voorgestelde ooreenkoms nie. Hoewel al twee jaar aan die plan gewerk word, het Kushner nog nie enige besonderhede onthul nie.
Pres. Mohammed Abbas, leier van die Palestyne, het reeds vroeër gesê hy sal nié met die VSA onderhandel in die lig van Trump se omstrede besluit in Desember 2017 om Jerusalem as Israel se hoofstad te erken nie.
Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, het in Februarie vanjaar gesê Kushner sal die vredesvoorstel eers ná die Israeliese verkiesing op 9 April bekend maak. Volgens Netanyahu het Kushner op ’n onlangse veiligheidskonferensie in Pole oor die plan gepraat, maar nie besonderhede verskaf nie.
Kushner het volgens vanityfair.com bevestig dat hy nie enige besonderhede oor die vredesplan bekend sal maak voordat die April-verkiesing in Israel verby is nie.
Kushner en sy span se beplande besoek aan kroonprins Mohammed bin Salman van Saoedi-Arabië sal hul eerste ontmoeting wees sedert 15 Saoedi’s die Washington Post-joernalis Jamal Khashoggi verlede jaar vermoor en opgesaag het.
KHASHOGGI-MOORD
Kushner en die prins ken mekaar al sedert die prins die Wit Huis twee jaar gelede besoek het. Hulle het intussen reeds ’n paar keer vergader. Hul verhouding is egter gespanne sedert die moord op Khashoggi.
Die Saoedi-regering ontken dat die prins enige rol in die moord gespeel het. Kushner het in Oktober verlede jaar te midde van vrae oor hoekom die Amerikaanse regering nie die Saoedi’s veroordeel oor die moord nie, gesê: “Die Midde-Ooste is reeds lank ’n rowwe plek. Ons moet ons strategiese doelwitte najaag, maar terselfdertyd ’n duidelik ernstige situasie hanteer.”
Kushner is in die Midde-Ooste ná ’n tweedagkonferensie verlede week in Pole waartydens hy met leiers van 60 lande beraadslaag en die vredesplan bespreek het.
Netanyahu, wat die bespreking bygewoon het, het Kushner gelukgewens omdat hy “mal genoeg is om met idees vorendag te kom” om die konflik op te los.
Intussen berig timesofisrael.com Israel se minister van onderwys, Naftali Bennet, het Sondag gesê Netanyahu en Trump beplan om ’n Palestynse staat aan die Wesoewer te vestig om Jerusalem te verdeel.
Netanyahu ontken dit egter. “Dit is vanselfsprekend dat verkiesings vreemde dinge aan klein partye kan doen,” het hy gesê, blykbaar verwysend na die feit dat Bennet nou die New Right Party lei. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie