Kusmoorde se verhore skop af
Kusmoorde se verhore skop af

Kusmoorde se verhore skop af

Twee van die onlangse moorde wat inwoners langs die kus geruk het, se voorverhoor-konferensies het in die hoërhof in Windhoek plaasgevind.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die verhore van die vrou wat tereg staan op die moord op haar tweejarige dogtertjie en dié van vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n inwoner van Walvisbaai vermoor het, word tans in die hoofstad aangehoor.

Me. Zenobia Seas (33), wat daarvan beskuldig word dat sy haar dogtertjie twee dae voor haar derde verjaardag in September 2016 vermoor het, het verlede Donderdag vir ’n voorverhoor-konferensie in die hoërhof in Windhoek verskyn.

Seas, wat in April vanjaar borgtog in Swakopmund se landdroshof geweier is, is intussen na Windhoek se sentrale gevangenis verskuif sodat die saak in die hoofstad aangehoor kan word.

Volgens die klagstaat het Seas haar dogtertjie, Antonette Amakhoes Owoses, op 26 September 2016 in die omgewing van Hentiesbaai vermoor. Sy word van ’n klag van moord in terme van artikel 1 van die Wet op die Bekamping van Huishoudelike Geweld 4 van 2003 aangekla.

’n Nadoodse ondersoekverslag wat by die hof ingedien is, dui aan die oorledene is versmoor en kamferolie is in die kind se neusgate gevind.

Seas moet weer op 18 Januarie haar volgende voorverhoor-verskyning in die hof voor regter Christie Liebenberg maak.

MÖLLER-MOORD

Die tweede moordverhoor aan die kus wat in die hoërhof in Windhoek aangehoor gaan word, is dié van vyf mans wat tereg staan op die moord van mnr. Hans-Jörg Möller in Walvisbaai in Junie verlede jaar.

Mnre. Gotlieb Panduleni (30), David Tashiya (29), David Shekundja (35), Elly Ndapuka Hinavali (29) en Malakia Shiweda (28) moet op 18 Januarie verdere voorverhoor-verrigtinge in die hoërhof bywoon.

Intussen bly al vyf in aanhouding.

Möller is tydens ’n gewapende roof by die gesin se huis in sy maag geskiet terwyl hy probeer het om sy vrou, me. Carol-Ann Sowden Möller, en hul twee kinders van vier en ses jaar oud te beskerm.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!