Kusspelers rig aanslag op Ope

Gholf
Die Windhoek Ope gholftoernooi, geborg deur Windhoek Lager, begin môreoggend by die baan van die Windhoek Buiteklub en bereik Sondagmiddag sy hoogtepunt met die oorhandiging van die kampioen se trofee.

Vir plaaslike spelers met ambisie is die toernooi 'n belangrike geleentheid om punte op die nasionale merietelys van die Namibiese Amateur Gholf­unie te verdien.

Spelers in die A- en B-afdelinge speel môre 26 putjies en Sondag nog 18, terwyl diegene in die C-afdeling net 18 putjies op beide dae speel.

Die aanvanklike getal inskrywings staan reeds op 52 spelers, hoewel dit vandag nog verder kan aangroei.

Die inskrywings sover sluit spelers van die gasheer Windhoek Buiteklub (36 spelers), Omeya (vier), Swakopmund se Rössmund-klub (drie), Walvisbaai (vyf), Hentiesbaai (twee), Tsumeb (een) en Oranjemund (een) in.

Een van die kus se spelers, Gert Olivier van Walvisbaai, sal terug wees om die titel te verdedig wat hy in 2017 gewen het. Hy kan egter 'n tweestryd verwag van die koelkop Likius Nande wat selde in plaaslike toernooie tweedebeste daarvan afkom.

Die Namibiese Amateur ­Gholfunie, die bestuur van die Buiteklub en sy gholfkomitees spreek hul waardering uit teenoor Windhoek Lager (mnr. Ian Stevenson) vir die volgehoue steun om die Windhoek Ope moontlik te maak. Vanweë omstandighede buite die klub se beheer is Windhoek Lager vanjaar eers op redelike kort kennisgewing genader om as hoofborg tot die redding te kom.

Al die spelers begin vanaf die eerste bof speel en die afslaantye vir môreoggend se ronde is soos volg (topspelers se voorgeë tussen hakies):

07:00 Likius Nande (0), Gert Olivier (2), Grant Mather (2).

07:10 Damien da Silva (2), Kevin Wentzel (3), Stanley Gawanab (4).

07:20 Marco Vollgraaff (4), Lu-André Duvenhage (7), Terus Burger (7).

07:30 Wessel Louw (7), George Vink (7), Edwin Geinub (8).

07:40 Jonathan Mather (8), Paulus Shifonono (8), Karl Swartz (8).

07:50 Michael Hoeseb (8), M. Basson (8), J. van Wyk (8).

08:00 Cilliers Sachse (9), Eugene Venter (9), Jonas Katti (9).

08:10 Helmut Ndjendja (10), Anton Bonifatius (10), Sakeus Matheus (10), Joseph Martin (10).

08:20 C. Jafta, W. Triegaardt, F. Katjimune, T. Mills.

09:00 C. Lohmann, C. Beuke, I. Wood.

09:10 G. van Wyk, C. Abrahams, T. Gurirab, T. Shiimi Ya Shiimi.

09:20 L. Tshoopara, G. Fransman, S. van der Merwe, N. Swarts.

09:30 I. Suze, M. Shoozi, J. Engelbrecht, F. Oosthuizen.

09:40 B. Bergh, G. Jung, A. Beukes, C. van Graan.

09:50 V. Petersen, F. Grobler, B. Paulino, H. Roux.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!