Kusvegters opgewonde oor graderings
Skopboks
Twee skopboksstudente van Namibia Ring Contact Fighting Arts International, naamlik Lesley !Hoaeb en Delano Müller, het verlede maand uitgeblink tydens ’n suksesvolle graderingseremonie in Vredefort in die Vrystaat.
’n Totaal van 27 studente en instrukteurs is vir verskillende graderings van swartgordels beoordeel. Hul fiksheid, stamina, vaardigheid en tegniek is aan toetse onderwerp.
Die 26-jarige Lesley !Hoaeb het sy vlak 2 swartgordel verwerf, terwyl die 13-jarige Delano Müller gekwalifiseer het om voortaan ’n rooi pak as ’n Ushidoshi-instrukteur mag dra.
Die twee broers van Swakopmund se gradering is deur meester Joe Viljoen, die president van die wêreldbeheerliggaam van Ring Contact Fighting Arts International, behartig.
!Hoaeb en Müller het in die proses heelwat nuwe kennis rakende tegnieke, oefenmetodes en vaardighede opgedoen wat hulle opgewonde maak om dit met medestudente te kan deel.
Die twee broers is ook baie opgewonde oor wat die nuwe jaar inhou en het doelwitte gestel om dit een van Namibiese skopboks se mees suksesvolle jare te maak. Hul oogmerk is om aan so veel as moontlik internasionale byeenkoms deel te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie