Kuswind waai jong skutters onder dak in
Boogskiet
Tielman van Lill - Altesame 23 deelnemers het laas Saterdag by Lüderitz se boogskietklub saamgetrek vir 'n kompetisie van die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP).
In 'n tierende wind gedurende die oggend kon die kinders egter niks uitrig nie en die organiseerders was verplig om die verrigtinge na 'n saal te skuif waar die pyle laat vlieg is.
Elke skutter het drie kolskoot-rondes (“bulls eyes”) gehad waarna daar vir die eerste keer in Namibië in só 'n kompetisie na figure van driedimensionele diere gemik is.
Die senior meisies en seuns, asook die juniors het almal aan die kolskoot-afdeling asook 3D-kompetisie deelgeneem waar die voorste drie meisies en seuns medaljes en kontant ontvang het. Die algehele wenners van die dag is ook aangewys. Die uitslae was:
Kolskoot
Senior meisies:
1. Melany Erasmus (Berg-Op Akademie), 2. Penny Campbell (Elnatan),
3. Bianca Erasmus (Berg-Op).
Seuns: 1. Rassie van Zyl (Windhoek Gimnasium), 2. Hannes Theron, 3. Lukas Els (beide Carpe Diem Tuisskool).
Junior meisies: 1. Ursula Roberts (Keetmanshoop Privaatskool), 2. Jomari Campbell (Elnatan),
3. Melissa José (Berg-Op).
Seuns: 1. MJ van der Westhuizen 2. Matthew José (beide Berg-Op),
3. Keanu Klose (Keetmans PS).
3D-afdeling
Meisies: 1. Mellany Erasmus, 2. Penny Campbell, 3. Bianca Erasmus.
Seuns: 1. Lukas Els,
2. Rassie van Zyl,
3. Renier Els.
Algehele wenners
Meisies: 1. Mellany Erasmus (1 117 punte),
2. Penny Campbell (1 056), 3. Bianca Erasmus (1 048).
Seuns: 1. Lukas Els (1 110), 2. Rassie van Zyl (1 109), 3. 1 096).
“Baie dankie aan ieder en elk asook die beamptes wat die ratte glad laat loop het en die Woortman-familie vir hul geduld en ondersteuning. Ons wil graag die ondersteunende borge Udo's Auto, West Coast Tavern, LMR Construction en SR Refigeration asook Lüderitz Spar, ons hoofborg, vir die kontantpryse bedank,” sê NASP in sy nuusverklaring.
Die volgende kompetisie word op 31 Mei aangebied wanneer Namibië se privaatskole hul sportnaweek hou.
Op 16 Junie sal die span wat Namibië by die NASP Africa All Stars-kampioenskap (6 tot 10 Julie) verteenwoordig, 'n intensiewe oefenkamp by SKW bywoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie