Kuvukiland se kwessies
Dié nedersetting by Tsumeb huisves tot 10 000 mense.
Augetto Graig - Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het vanaf 4 tot 11 September 2017 ’n opname van Kuvukiland gemaak.
Dié informele nedersetting is aan die westelike grens van Tsumeb geleë en strek parallel met die B1 tussen Uitbreiding 9 en die myn.
Dit is op ’n berg geleë en inwoners is min gepla oor die rotsagtige oppervlak waarop hul sinkhuise gebou is, en oor hoe min strate nie vir motors toeganklik is nie. Sommige dele is só oorbevolk dat net met ’n smal gangetjie langs bereik kan word.
Die ondersoek deur NUST se studente in stad- en streeksbeplanning het die ondersteuning en deelname van die munisipaliteit, die plaaslike tak van die Shack Dwellers Federation (SDFN) en die nasionale behuisingsaksiegroep (NHAG) geniet. Die student het die drie blokke van die woonbuurt ingevaar en met die mense gepraat, inligting ingesamel en die situasie ontleed met inagneming van die uitleg en beplanning van die nedersetting. Hulle het ook ’n karteringsproses begin, en lede van die gemeenskap in Kuvukiland en in Saamstaan opgelei om daarmee voort te gaan.
Die bevolking word op 10 000 inwoners geskat, van wie meer as 6 000 aan die opname deelgeneem het. Die meeste inwoners is jonger as 18 jaar. Aanvanklike terugvoering dui daarop dat sowat N$2 miljoen maandeliks daar bestee word. Per familie is die gemiddelde, maandelikse inkomste N$3 500 danksy ’n verskeidenheid besigheidsaktiwiteite soos die algemene verkoop van hout. Daar is verskeie stalletjies waar goeie verkope van lekkers en pakkies skyfies gedoen word, terwyl nuwe stalletjies ook aan strate op die buitewyke begin verskyn. Ander ekonomiese aktiwiteite sluit in ’n hoë huurmark, terwyl selfstandige inwoners van hul eiendom af handel dryf.
Tydens die opname is die studente in vier groepe met vier studente en drie gemeenskapslede elk ingedeel. Hulle het kaarte opgetrek en bestaande dienste soos gemeenskaplike krane en besighede opgeteken. Die soort materiaal wat gebruik word om strukture te bou, is aangeteken en daar is gekyk na die geologiese en ekologiese waarde van die omgewing. Studente van verskillende klasse het verskillende navorsing doen.
Die terugvoeringsessie met die Tsumeb-munisipaliteit en die Kuvukiland-gemeenskap vroeër die maand het ’n geleentheid vir ope kommunikasie geskep. Gemeenskapslede het die munisipaliteit gevra oor die voorsiening van toilette en water. Hulle is ingelig oor ’n eienaarskapkwessie wat die oprigting van gemeenskaplike toilette verhoed, maar dat drie tydelike watertenks opgerig sal word. Daar is tien gemeenskaplike krane in die woonbuurt en watertrokke word van tyd tot tyd deur die dorpsraad gestuur om water aan te vul.
Nog ’n groot kopseer is vullisverwydering waarvoor daar geen stelsel bestaan nie. Die gemeenskap gooi gemors op die rante van die nedersetting, waar dit ophoop. Inwoners grawe gate en verbrand die vullis daarin. Putte word ook in die strate gegrawe wat die wydte en gebruik daarvan belemmer. Omdat daar geen toilette is nie, gebruik mense die gebied na aan ou mynputte wat baie diep kan wees.
Die probleem van grondeienaarskap belemmer die uitbreiding van kragverskaffing-infrastruktuur verder as Kuvukiland Blok A, wat in 2012 aan die netwerk gekoppel is, omdat dit op munisipale grond is. Verder as dit is daar dus geen straatligte nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie