Kwarantyn sal All Blacks se Kersplanne belemmer
Kwarantyn sal All Blacks se Kersplanne belemmer

Kwarantyn sal All Blacks se Kersplanne belemmer

Rugby
Die Nieu-Seelandse eerste minister, Jacinda Ardern, het koue water gegooi op die All Blacks se hoop om hul land se streng kwarantynbeleid vry te spring, sodat hulle ná die Rugbykampioenskapsreeks steeds Kersfees by hul gesinne en families kan deurbring.
Ardern het gesê die All Blacks sal nie voorkeurbehandeling kry nie en sal vir 14 dae in kwarantyn moet wees wanneer hulle terugkeer na Nieu-Seeland as deel van die land se Covid-19-protokolle.
Hul laaste wedstryd is op 12 Desember teen Australië in Sydney.
Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) het gekla dat die toernooi-organiseerders (Sanzaar) ’n ooreenkoms verbreek dat die All Blacks ’n week vroeër hul laaste wedstryd sou speel.
Sanzaar sê egter so ’n versekering is nooit gegee nie, aangesien al vier lande (Nieu-Seeland, Australië, Argentinië en Suid-Afrika) op ’n gewysigde skedule moes instem.
Die NZR sê nietemin hy werk aan planne om die dilemma vir die All Blacks op te los, maar Ardern het Maandag geen hulp van die regering se kant aangebied nie.
“Daar is diegene wat nie oor Kersfees in kwarantyn wil wees nie, maar dit is die werklikheid van ons situasie,” het Ardern aan die radiostasie Newstalk ZB gesê.
“Ek dink nie die All Blacks sal so gemaklik voel as ons ander reëlings vir hulle tref nie, want die reëls moet vir almal dieselfde wees.”
Ardern hoop wel die reisbeperkings tussen Australië en Nieu-Seeland kan voor die einde van die jaar opgehef word, het sy in ’n onderhoud aan TVNZ gesê.
Planne vir ’n reisborrel tussen Australië en Nieu-Seeland word nou al maande lank bespreek, maar dit is onderbreek nadat Covid-19 weer in Melbourne en Auckland uitgebreek het.
Die Australiese afrigter, Dave Rennie, het Sondag sy simpatie met die All Blacks uitgespreek.
“Ek weet daar is sprake van ’n borrel tussen Nieu-Suid-Wallis en Nieu-Seeland,” sê hy.
“As dit voor Kersfees ’n werklikheid word, is dit nie ’n probleem nie en kan die spelers reguit huis toe gaan na hul gesinne en families.”
– Netwerk24



FOTO
Eerste minister Jacinda Ardern gesels met twee van die Barrett-broers, Beauden (links) en Scott, nadat die All Blacks verlede jaar hul Wêreldbeker-groepwedstryd teen die Springbokke in Japan gewen het. Ardern sê nou die All Blacks mag nie voorgetrek word wanneer dit by kwarantynreëls kom nie. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!