‘Kwarantyn-verkragter’ bly in aanhouding
Die beskuldigde wat teregstaan op die verkragting van ’n 15-jarige meisie op Swakopmund se saak is tot 8 September uitgestel.
Adolf Kaure op Swakopmund
Die saak waar ’n drywer van die staatshospitaal op Swakopmund teregstaan op die verkragting van ’n 15-jarige meisie in dié dorp se ruskamp wat destyds as ’n isolasiefasiliteit gedien het, is tot 8 September uitgestel.
Landdros Nelao Paula Brown het Donderdag die 27-jarige Glenn Clifford Leister se borgtogaansoek weer van die hand gewys.
Die saak is uitgestel om die verdagte kans te gee om ingevolge artikel 119 'n pleitverduideliking by die hof in te dien. Leister is deur mnr. Jan Wessels verteenwoordig.
Leister is op 21 September 2020 in hegtenis geneem.
Na bewering was die 15-jarige slagoffer 'n Covid-19-pasiënt wat in die ruskamp, wat as die munisipale bungalows bekend staan, tuisgegaan het.
VORIGE HOFVERSKYNING
In 'n vorige hofverskyning is Leister ook borgtog geweier weens die erns van die oortreding en aangevoer dit is nie in die belang van geregtigheid nie.
Die staat was bekommerd Leister sal met getuies inmeng as hy op borgtog vrygelaat word.
Tydens dié hofverskyning het Leister tydens kruisondervraging al die aanklagte teen hom ontken.
“Ons het nie seks gehad nie. Ek het haar net in die nek gesoen en aan haar geraak,” het hy in trane gesê.
Die staat het aangevoer hy het bewyse van onvanpaste SMS-boodskappe wat Leister aan die slagoffer gestuur het.
Volgens die staat het die slagoffer 'n maatskaplike werker van die beweerde voorval vertel en sy het gesê Leister het haar hardhandig aan die arm gegryp nadat hy die deur van die kamer gesluit het.
Hy het na bewering haar borste betas, voor hy haar bene oopgedwing en sonder haar toestemming seksuele omgang met haar gehad het.
Getuienis wat die staat ingedien het, dui aan die slagoffer het die maatskaplike werker vertel dat sy Leister gesmeek het om op te hou aangesien hy haar seergemaak het.
Die staat beweer ook Leister het haar glo vertel sy is die jongste meisie met wie hy nog ooit seksuele omgang gehad het.
Hy het glo later gesê dit was sy hormone wat hom tot verkragting gedryf het.
Agterna het hy haar na bewering gevra om buite te kyk en seker te maak daar is niemand, sodat hy ongesiens kon uitglip.
By dié hofverskyning het die verdediging die beskuldigde se stiefpa, mnr. John Kabelo Mootseng (58), as 'n getuie geroep om ter ondersteuning van Leister se borgtogaansoek te getuig.
Leister word by polisiekantoor se aanhoudingselle op Swakopmund aangehou tot sy volgende hofverskyning. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie