Kweek ‘n beter leeromgewing
As deel van die Olthaver & List (O&L)-groep se Desks for Education-projek het die Emma Hoogenhout primêre skool in Windhoek vandeesweek 30 skoolbanke ontvang. Die projek is geloods deur Namibia Breweries (NBL), ‘n filial van die O&L-groep. Ander skole wat alreeds met dié projek ‘n hupstoot gekry het, sluit die Otjinungua Mobile School in die Kunenestreek (25 banke), die Cimbebasia Primêre Skool (40 banke), die Augeikhas Primêre Skool (30 bamke), die Michelle McLean Primêre Skool (30 banke), die Green Leaves skool in Babylon (15 banke) en die Otjinene ECD Centre (20 banke). Die tweesitplek-banke word met die hand gemaak deur NBL in samewerking met Kraatz, nog ‘n O&L-filiaal. Hiermee wil hulle die groep se 2025-visie om ‘n katalisator vir positiewe verandering te wees, aanspreek. Deur verskeie inisiatiewe en projekte oor die afgelope paar jaar, het die O&L-groep sy toeweyding tot onderwys en die ontwikkeling van kinders gewys as deel van die korporatiewe sosiale verantwoordelikheid-portefeulje. Die groep het tot dusvêr met die Desks for Education-projek, sedert dit in Junie 2019 van stapel gestuur is, 190 skoolbanke vervaardig en versprei.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie