Kwilte vir Afrika

Namibië se meesterkwilter is tydens die land se eerste kwiltfees aangewys.
Tanja Bause
Tanja Bause – Namibië se eerste kwiltfees is tans goed op dreef in die hoofstad.

Me. Annelle Delport is as die land se eerste meesterkwilter aangewys.

Kwilters moes ’n voltooide kwilt onder die tema “Van toeka tot nou” inhandig om vir dié titel in aanmerking te kom.

“Ek kwilt net as stokperdjie en behoort nie aan ’n klub nie,” sê Delport.

Sy kwilt al die afgelope vyf jaar.

“Ek het in my hele lewe slegs twee kwilte voltooi, waarvan dié een die wenner is. Dit was ook die hoofrede waarom ek ingeskryf het – sodat ek gedwing was om dié een te voltooi. Ek is eintlik ’n besigheidsontleder en kwilt, kleremaak en skilder is my stokperdjies,” sê sy.

In die tweede plek was me. Marné Strauss van Kokerboom-kwilters op Karasburg, en in derde plek was me. Louisa Hoffmann van die Aroab-kwilters.

Volgens die feesorganiseerder, me. Yvette Venter, word kwiltfeeste gereeld in Suid-Afrika aangebied.

Hier kan vroue nie net tegnieke tydens werkwinkels by mekaar leer nie, maar ook materiaal koop en vriendskappe smee.

“Ons het 96 inskrywings vir die meesterkwilterkompetisie gekry en het 57 voltooide kwilte ontvang, wat in aanmerking gekom het. Ons het kwilte van oraloor Namibië, Botswana en Suid-Afrika ontvang,” sê Venter.

Tydens die fees word verskeie klasse deur Namibiese sowel as Suid-Afrikaanse kwilters aangebied.

“Die klasse maak voorsiening vir die buite die boks-kwilter, die veselkunskwilter, die tradisionele kwilter, die vernuwende kwilter, die gewone moderne naaldwerker en die kwilter wat op hekel versot is,” sê sy.

“Ons het 86 mense wat die klasse daagliks bywoon. Mense is positief oor die fees en die terugvoering is baie goed. Ons sal die fees elke twee of drie jaar aanbied.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!