Kyk hoe glinster die maan
Ek en my heel eerste Suid-Afrikaanse vriend in Taiwan, Johann Rossouw, het een nag in ’n dorpie in die gopse van Taiwan in ’n teerpad gesit en verlang.
Na alles. Na biltong, braaivleis en kaalvoet loop op ’n groen grasperk. Ons verlange was so erg dat ons nie sou omgee as iemand ons in die teerpad sou doodry nie.
Toe begin ons maar tranerig Laurika Rauch se “Kyk hoe glinster die maan” sing. Al ken ons nie al die woorde nie. Melancholies.
Ons het ’n dag ná mekaar in Februarie 2003 in Taiwan aangekom.
Ons het in voëlhokkies in ’n agtverdieping- woonstelblok in Chiayi gebly. Hy op die sesde vloer en ek op die sewende vloer. Met voëlhokkies bedoel ek dit is ’n kamer met ’n badkamer en ’n balkonnetjie.
Snags het die prostitute en karaokekroegkelnerinne se keffertjies ons wakker gekef as hulle gaan werk het. Hul wekkers het ook altyd tydig en ontydig afgegaan.
Min slaap. Baie harde werk. Ons het van halfagt die oggend tot halftien die aand Engelse klasse by kindergartens en verskillende bushibans gegee. Elke liewe dag van Maandag tot Saterdag. Ons het gewoonlik saans tienuur vir die eerste keer geëet.
Sondae moes ons wasgoed was en inkopies by Carre Four gaan doen. Daar was ’n muntoutomaat-wasmasjien op die straat naby ons woonstelblok. Ons het met ons wasgoedsakke soontoe geloop, terwyl ons ons neuse vir die stank van stinky tofu toegeknyp het.
By die wasmasjien het jy jou munte en waspoeier ingegooi. Dan loop ons Carre Four-winkel toe. As ons geld gehad het, het ons vir ons ’n lekkerny gekoop. Ek het elke liewe uitgawe in ’n notaboekie aangeteken en mag net ’n klein bedrag per dag bestee het om my begroting te laat klop. Ek moes die meeste van my geld huis toe stuur.
As ons terugkom van Carre Four af het ons die nat wasgoed op hangers op ons klein balkonne gaan ophang. Dit is so humied daar jy hoef gelukkig nie klere te stryk nie. Tydens Spokemaand in Augustus mag jy nie jou klere op die balkon hang nie, want die Taiwannese glo die spoke klim in jou klere in.
Ons het elke liewe dag internetkafee toe gegaan om die nuus op die internet in Afrikaans te lees en gehoop daar is e-posse van die huis af.
Aan die einde van die maand het ons in die 3C-restaurant gaan eet. Spaghetti bolognese was vir ons hemels en ’n groot bederf.
Ons het saam bromponie gery. Ons het saam bus gery toe ek my ribbes in Taipei gebreek het toe die busbestuurder weggetrek het voor ek ’n sitplek kon kry.
Ons het saam treine gery. Ons Taiwannees en Mandaryns was toe nog swak en ons het by verkeerde treinstasies afgeklim, want ons kon nog nie die vreemde skrif op die naamborde van treinstasies lees nie. Ons het van bewegende treine afgespring om weer op die regte trein te probeer klim.
Ons het altyd bin café latte – koue ysmelkkoffie – by die 7-Eleven op treinstasies gekoop.
Ons het baie gelag, in Afrikaans geskinder en nog meer gehuil.
Ek verneem onlangs Johann is in die hospitaal opgeneem. Breingewas. Fase 4-kanker.
Ek voel hulpeloos so ver van hom af en al wat ek kan doen, is om hom te bel.
Ek kommandeer my vriend Eddie op wat ons op avontuurlike toere na Ludau (Groen Eiland) aan die ooskus van Taiwan begelei het, om vir Johann in die hospitaal te gaan kuier.
Eddie vat vir Johann vrugte en neute en stuur vir my foto’s van hul kuier in die hospitaal. Ek tjank soos ek en Johann altyd saam getjank het.
Eddie laat weet Johann “het die beste positiewe uitkyk voorgesit. Hy is waarlik ’n mens van inbors en waardig om na op te kyk”.
Nou lê bestraling en chemoterapie vir Johann voor.
Ek neurie heeltyd “Kyk hoe glinster die maan”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie