Kyk jongste Europese flieks gratis
Vanjaar kan 11 van die jongste Europese rolprente gratis gekyk word op die jaarlikse Europese rolprentfees, wat virtueel aangebied gaan word.
Dit sal oor 11 dae van 12 tot 22 November vertoon word.
Daar sal ook ’n uitgebreide aanlyn gespreksprogram rondom van die prente wees.
Fliekvlooie kan uitsien na I am Greta, ’n dokkie wat twee jaar in die lewe van die klimaataktivis Greta Thunberg volg. Dit begin by haar protes voor die Sweedse parlement as 15-jarige skoolkind en eindig met haar seilvaart oor die Atlantiese oseaan om op die Verenigde Nasies se klimaatkongres in New York te gaan praat.
Die prent bied insae in haar lewe en persoonlikheid, en toon ook hoe die wêreld op haar reageer. Tog wys die prent veral dat die mensdom voor ’n reuse-krisis staan, dalk die grootste in menseheugenis: die klimaatkrisis. Die regisseur is Nathan Grossman. Vertonings van die prent kos R50. Die ander 11 prente is gratis beskikbaar.
• Die Nederlandse rolprent Kom hierdat ik u kus (Becoming Mona), geregisseer deur Sabine Lubbe Bakker en Niels van Koevorden, fokus op die lewe van Mona, wat probeer om haar uit die kloue van beheersieke mense in haar lewe los te wikkel. Dit kan beskryf word as ’n storie oor waarom ons word wie ons is. Dit is gegrond op die roman van die Vlaamse skrywer Griet Op De Beeck, wat deur Protea uitgewers in Afrikaans as Kom hier dat ek jou soen vertaal is.
• Hermann Hesse, die Nobelprys-bekroonde Duitse skrywer se roman, Narcissus and Goldmund, volg die lewe van twee baie uiteenlopende vriende. Narcissus is ’n asketiese monnik wat vasstaan in sy geloof en toewyding aan God, terwyl Goldmund ’n romantiese jong man met ’n soekende gees is. Ondanks hul verskille is hul vriendskap heg. Die roman is in 1930 gepubliseer.
Die Oscar-bekroonde regisseur Stefan Ruzowitzky is in die regiestoel vir dié rolprentverwerking.
• Twee oorlogsprente, In the Dusk van die Litause regisseur Sharunas Bartas en Home Front van die Belgiese rolprentmaker Lucas Belvaux, word ook vertoon. Eersgenoemde speel af in Litaue ná die Tweede Wêreldoorlog waar die juk van die Sowjet-besetting swaar druk op die bevolking, wat poog om hul land na die oorlog te herbou. Home Front het die Franse koloniale oorlog in Algerië as fokus.
• Die Italiaanse regisseur Marco Bellocchio (80) se The Traitor speel af in die 1980’s en handel oor die grootste vervolgingspoging van die Siciliaanse mafia in die Italiaanse geskiedenis. Dit word uit die oogpunt vertel van ’n eertydse mafiabaas, wat sy voormalige makkers ontmasker het. Dit is gegrond op die informant Tommaso Buscetta en sy getuienis in die Maxi-verhoor (1986-1992).
• ’n Leuen oor chemiese wapentuig, wat gelei het tot die Amerikaanse inval van Irak in 2003, is die agtergrond van die Duitse riller Curveball.
• Die ligte Spaanse komedie, One Careful Owner, van die regisseur Bernabé Rico, handel oor ’n vrou wat ’n huis koop, maar sy moet die eertydse eienaar, ’n eksentrieke 80-jarige vrou huisvesting gee tot dié sterf. Die twee vroue smee ’n deernisvolle vriendskap. Proxima van die regisseur Alice Winocour fokus ook op die verhouding tussen vroue, die keer ’n ma en haar dogter. Die ma is ’n ruimtevaarder wat haar werk- en gesinslewe in balans probeer bring.
• Bassam Tariq se prent Mogul Mowgli handel oor ’n rapkunstenaar wat op die vooraand van sy groot internasionale deurbraak ernstig siek word.
• Sosiale media se invloed op ’n mens se lewe word ondersoek in die Poolse prent Sweat van die regisseur Magnus van Hoorn.
• Aborsiewetgewing in Ierland is die veld van ondersoek in die dokkie The 8th van die regisseurs Aideen Kane, Lucy Kennedy en Maeve O’Boyle. Dit handel oor die onlangse protes om die wetgewing, wat in 1983 bekragtig is en aborsies in Ierland kriminaliseer, te herroep.
Al die vertonings is gratis, en die R50-toegangsgeld vir die dokkie I am Greta is ten bate van ’n klimaat-aksiegroep.
Besoek die webblad https://www.eurofilmfest.co.za/ om die prente te stroom en om meer besonderhede van die gespreksprogram te kry. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie