Kyk na wie lyk prins Louis
Prins Louis is sy pa, prins William, uitgeknip.
Op die foto's wat Kensington-paleis die naweek uitgereik het, lyk die jongste seun van William en Catherine, hertogin van Cambridge, op 'n haar na sy pa.
Op die een foto slaap Louis in dieselfde stel wit, gebreide babaklere as waarin sy sussie, prinses Charlotte, saam met hul oudste broer, prins George, geposeer het vir hul ma se kamera.
Dié foto van Louis is slegs drie dae ná sy geboorte geneem.
Die hertogin het weer self foto's van haar kinders geneem eerder as om van 'n professionele fotograaf gebruik te maak. Sy en William probeer hul kinders so ver moontlik uit die openbare oog hou en om hulle nie te veel aan die media bloot te stel nie.
Dat Catherine haar kleingoed se klere hergebruik, is ook in die foto van Charlotte saam met Louis te sien. Die prinses, wat verlede Woensdag drie geword het, hou haar boetie vas soos George haar ook vasgehou het, en sy het George se gebreide donkerblou trui, met 'n fair isle-patroon om die neklyn, aan.
Dié truitjie is gesien toe George saam met sy kleinniggies geposeer het vir 'n spesiale foto tydens sy oumagrootjie, koningin Elizabeth, se 90ste verjaardagvierings. Op dié foto het die koningin Charlotte vasgehou en het George ernstig na die kamera gekyk.
Sy kleinniggie, Mia Tindall, het egter dié keer die kollig gesteel toe sy haar oumagrootjie se handsak opgetel het toe die foto geneem is.
Dit is nie die eerste keer dat Catherine kinderklere hergebruik nie. George is al in uitrustings gesien wat deur sy pa in sy kinderdae gedra is en Charlotte het al selfs met 'n paar skoene gespog wat deur prins Harry gedra is. Dit is ook nie die eerste keer dat sy haar ouboet se truie dra nie.
Geen nuwe foto's van Charlotte is met haar verjaardag uitgereik nie, maar dié foto van haar en Louis is wel op haar verjaardag geneem. Ouboet George is heel moontlik nie in die foto's nie omdat sy skooldag eers om 15:30 eindig.
George, Charlotte en moontlik Mia (prinses Anne se kleindogter) sal na verwagting in Meghan Markle se gevolg wees.
Baba Louis sal natuurlik nie Markle se troue met Harry bywoon nie.
Hy is vanjaar die eerste van vier nuwelinge wat hulle by die koningsgesin aansluit. Meghan is die tweede, Mia se nuwe boetie of sussie die derde en James Brooksbank, prinses Eugenie se verloofde, die vierde.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie